Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Notre-Dame-brand onder beheer

Brandbestryders in Parys, Frankryk, kon daarin slaag om Dinsdag in die vroeë oggendure 'n verwoestende brand in die ikoniese Notre-Dame-katedraal onder beheer te bring.

Dit is gedeeltelik geblus, berig The Guardian.

Die dak is heeltemal vernietig, maar brandbestryders kon daarin slaag om te keer dat die hoofkloktorings en buitemure ineenstort voordat hulle die brand onder beheer gebring het, berig Reuters.

Die brandbestryders was Maandagaand onseker of hulle die katedraal sal kan red en het aan die media gesê dat brandbestryders binne en buite die kerk werk om te keer dat die katedraal heeltemal in puin gelê word.

Lees ook: Die ‘Dame van Parys’ is in puin

Rookwolke het uit die Middeleeuse katedraal die lug in geborrel en later roet en splinters op omstanders laat neerreën. 

Die brand het minstens agt uur lank gewoed voordat dit omstreeks 03:00 in bedwang gebring is.

Lees ook: KYK: Notre-Dame se splinters en as reën op Parys

Aandenkings en kunswerke kon ook gered word.

Lees ook: 12 feite oor die Notre-Dame

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk sê hulle gaan 'n internasionale veldtog begin sodat die katedraal herbou kan word.

"Ons sal dit saam herbou." – Reuters

Meer oor:  Emmanuel Macron  |  Frankryk  |  Parys  |  Puin  |  Verwoesting  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.