Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Notre-Dame: 'Ons kan net in afgryse toekyk'

Die Notre-Dame-katedraal in Parys is Maandagaand verwoes in 'n reuse-brand.

"Die hele dak is basies daarmee heen, ek het geen hoop dat die gebou gered kan word nie," het Jacek Poltorak, 'n ooggetuie, gesê terwyl hy die verwoestende brand dopgehou het.

notre dame
'n Reuse-brand woed in die beroemde Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk. Foto: Reuters

'n Woordvoerder van die katedraal sê die hele gebou brand.

"Daar gaan niks oor wees nie," sê hy.

Mense het in ongeloof toegekyk toe die kerktoring meegegee het.

"Die katedraal het nagenoeg 800 jaar lank oor Parys gewaak," het die historikus Camille Pascal gesê.

"Ons kan net in afgryse toekyk."

"Soos my landgenote, is ek vanaand hartseer om dié deel van ons almal te sien brand," sê pres. Emmanuel Macron in 'n twiet.

Macron het later self by die toneel saam met sy vrou, Brigitte, opgedaag.

Op foto's wat op sosiale media die ronde doen, kan gesien word hoe vlamme en rook by die gebou uitborrel.

Sosialemediagebruikers het op Twitter hul fotomateriaal van die brand geplaas.

Brandspanne is op die toneel om die brand in bedwang te probeer bring. Mense is besig om naby die katedraal stelling in te neem om die brand en sy verwoestingswerk te aanskou. 

Volgens The Guardian het die brand per ongeluk ontstaan weens opknappings wat op die perseel gedoen word.

Brandbestryders het die gebied rondom die gebou in Parys versper.

Macron het 'n toespraak aan die nasie wat hy later Maandagaand sou lewer, gekanselleer, berig Reuters.

" 'n Verskriklike brand woed by die Notre-Dame-katedraal," het Anne Hidalgo, die stad se burgemeester, op Twitter gesê.

Luidens berigte kon nooddienswerkers daarin slaag om 'n groot hoeveelheid van die kuns in die gebou te red.

Notre-Dame was een van die beste voorbeelde van die Gotiese boustyl in Frankryk en een van die land se grootste toeristeaantrekkings. 

Meer oor:  Notre Dame
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.