Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Notre Dame: Kortsluiting het moontlik brand veroorsaak

Dit is moontlik dat die brand in die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak is.

Ondersoekers is steeds besig om die oorsaak van die brand te bepaal en ondersoek alle moontlikhede, maar die elektriese kortsluiting word intens ondersoek, berig CNN.

Daar is reeds 40 personeellede van die katedraal ondervra.

Benewens die onderhoude, het die vervolgingskantoor Woensdag gesê forensiese spanne kon daarin slaag om toegang tot die toneel te kry om met inspeksies te begin.

Geen enkele teken van brandstigting is nog gekry nie.

Hoewel daar restourasiewerk aan die spitstoring gedoen is, was nie een van die kontrakteurs se mense op die toneel toe die brand ontstaan het nie, berig msn.com.

’n Voël vlieg weg van die vlamme van die Notre-Dame-katedraal. Foto: Reuters


Meer oor:  Notre Dame-Katedraal  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.