Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Notre Dame: Oorblyfsels van stompies gekry

Werkers van ’n steierwerkmaatskappy het op die dak van die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, gerook.

Die eienaars van die familiemaatskappy Le Bras Frères het berigte oor die rokery in die Franse weekblad Le Canard enchaîné bevestig. Hulle sê egter die brand waardeur die geskiedkundige katedraal op verlede week byna verwoes is, is nie deur ’n sigaretstompie veroorsaak nie.

Van die maatskappy se werkers het aan die polisie gesê dat hulle “soms” op die steiers gerook het al is hulle verbied om dit te doen.

’n Voël vlieg weg van die vlamme van die Notre-Dame-katedraal. Foto: Reuters

“Ons veroordeel dit, maar die brand het in die katedraal begin. Die Notre-Dame de Paris is nie deur ’n stompie aan die brand gesteek nie,” het Marc Eskenazi, ’n woordvoerder van Le Bras Frères, gesê.

Le Canard enchaîné het berig die polisie het die oorblyfsels van sewe sigaretstompies in die uitgebrande katedraal gekry.

Eskenazi het gesê dit is onmoontlik om balke met ’n sigaretstompie aan die brand te steek, en wou ook weet hoe stompies in die kerkgebou gekry kon word.

“As sigaretstompies die inferno oorleef het, weet ek nie waarvan dit gemaak is nie,” het hy gesê.

Europe Echafaudage, Le Bras Frères se afdeling wat op die Notre Dame se dak gewerk het, het ook gesê die brand het nie begin weens ’n elektrisiteitsprobleem in hul twee hysers op die bouperseel nie.

“Die hysers se elektrisiteit was volgens die spesifikasies en dit is goed in stand gehou.”

Volgens hom was die twee hysers aan die buitekant van die gebou, onderskeidelik 45 en 65 m van die basis van die toringspits waar die eerste rook en vlamme gesien is. Die werkers het die elektrisiteit na die hysers om 17:50 afgesny toe hulle huis toe is.

Le Canard enchaîné het ook berig dat elektriese bedrading deur die dak van die katedraal geloop het, maar die kerk se administratiewe afdeling ontken dat die veiligheidstandaarde nie op peil was nie.

“Niks is ooit gedoen sonder die toestemming van die regering nie. Daar was geen loshangende drade nie, alles was behoorlik geïnstalleer,” sê Andre Finot, ’n woordvoerder van die Notre Dame.

In 2012 is ’n elektriese enjin geïnstalleer om die klokke in die toringspits te lui.

Finot sê toe die eerste rookalarm afgaan, het veiligheidspersoneel gaan kyk, maar niks gesien nie.

“Ek weet nie of hulle dalk op die verkeerde plek gekyk het nie.”

Met die tweede alarm het hulle vlamme by die basis van die toringspits gesien.

Die kantoor van Parys se vervolgingsowerheid het gesê hy skakel geen moontlikheid uit oor hoe die brand begin het nie. Die ondersoekers oorweeg alle moontlikhede. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.