Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nowitsjok glo gekry op Nawalni se waterbottel

Spore van die senumiddel waarmee die Russiese opposisieleier Aleksei Nawalni vergiftig is, is aan ’n leë waterbottel in sy hotelkamer in die Siberiese stad Tomsk gekry. Hy is dus vroeër vergiftig en nie eers op die lughawe soos eers gedink is nie, het sy span Donderdag gesê.

Aleksei Nawalni Foto: Getty Images
Waterbottels in die hotelkamers waar Aleksei Nawalni tydens sy besoek aan die Siberiese stad Tomsk tuisgegaan het. Foto: Reuters

Nawalni het verlede maand baie siek geword op ’n binnelandse vlug en is na Berlyn gevlieg vir behandeling. Laboratoriums in Duitsland, Frankryk en Swede het bepaal dat hy met Nowi­tsjok vergiftig is, hoewel Rusland dit ontken.

In ’n video wat op Nawalni se Instagram-rekening geplaas is, wys lede van sy span waar hulle sy kamer in die Xander-hotel in Tomsk deursoek ’n uur nadat hy op 20 Augustus daar weg is en net nadat hulle gehoor het hy het dodelik siek geword.

“Daar is besluit om alles wat selfs net hipoteties bruikbaar is, aan die Duitse dokters te oorhandig. Dit is baie duidelik dat die saak nie in Rusland ondersoek is nie,” lui die inskrywing.

Die video wys waar spanlede met beskermende handskoene aan onder meer verskeie leë bottels Holy Spring-mineraalwater in ’n sak sit.

“Twee weke later het ’n Duitse laboratorium spore van Nowitsjok aan die bottel uit die Tomsk-hotelkamer gekry. En nog meer laboratoriums wat die ontledings van Aleksei gedoen het, het bevestig dit is wat hom vergiftig het.”

Wladimir Milof, voormalige adjunkminister van energie en Nawalni se bondgenoot, sê die span het met hul vinnige optrede bewyse onder die neuse van die veiligheidspolisie gevat en landuit gestuur. – Reuters

Meer oor:  Aleksei Nawalni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.