Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
NS-premier sê kabinet ondersteun verandering aan vuurwapenwette

Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse premier, het Maandagoggend Suid-Afrikaanse tyd aangekondig dat die Nieu-Seelandse kabinet die verandering aan vuurwapenwette in beginsel ondersteun.

Ardern sê die kabinet sal eers volgende Maandag ontmoet, waar hulle besprekings verder sal vat.

Sy het Maandag met die kabinet vergader sodat hulle oor strenger vuurwapenwette kan praat nadat minstens 50 mense Vrydag by twee moskees in Christchurch doodgeskiet is.

'n 28-jarige Australiese man word daarvan verdink dat hy op mense in die moskee losgebrand het en sal eersdaags weer in die hof in verband met die moorde verskyn.

David Tipple, die eienaar van Gun City in Nieu-Seeland, het intussen na vore gekom en erken dat sy winkel vuurwapens aan die verdagte verkoop het.

Hy sê die verdagte het die vuurwapens aanlyn gekoop, maar ontken dat hy die kragtige vuurwapen wat tydens die aanvalle in die moskees gebruik is, aan die verdagte verkoop het.

Tipple sê die verdagte het vier vuurwapens en ammunisie tussen Desember 2017 en Maart 2018 gekoop. – Reuters

Meer oor:  Christchurch  |  Nieu-Seeland  |  Skietery  |  Dood  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.