Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nuwe baba 8ste in ry vir kroon

Jongeheer Archie Mountbatten-Windsor (1) gaan ’n ouboet word.

Prins Harry (36) en Meghan Markle (39), hertogin van Sussex, het die afgelope week aangekondig dat Meghan hul tweede baba verwag. Dit volg slegs drie maande nadat sy in November verlede jaar aangekondig het dat sy in Julie ’n miskraam gehad het.

Sy het in ’n emosionele rubriek in The New York Times getiteld “The losses we share” geskryf dat sy besig was om Archie se doek te ruil toe sy ’n skerp pyn gevoel het.

“Terwyl ek my eersgeborene teen my vasgehou het, het ek geweet ek is besig om my tweede te verloor.”

Fox News berig dat ’n woordvoerder vir die paartjie gesê het die twee is verheug oor die nuus.

“Albei was op hul senuwees en dit het ’n ruk geneem voor hulle kon ontspan en die swangerskap regtig geniet,” het die woordvoerder gesê. Alhoewel dit nog onduidelik is hoe ver sy swanger is en wanneer die baba verwag word, is die ronding van haar maag redelik prominent in die foto wat sy en Harry gedeel het.

Nou praat almal oor waar in die ry vir die Britse kroon die nuwe aankomeling gaan staan.

Selfs al het Harry en Meghan verlede jaar uit hul rolle as senior koninklikes bedank, beklee Harry en Archie steeds hul plekke as nommers ses en sewe in die ry agter prins Charles, prins William (38) en sy spruite George (7), Charlotte (5) en Louis (2).

Meghan verwag hul tweede kind.

Hierdie nuwe baba, of dit nou ’n dogter of ’n seun is, sal dus die agtste troonopvolger wees.

Buckingham-paleis het Vrydag bevestig dat Harry en Meghan nou permanent uit hul rolle as koninklikes bedank het.

Die Wet op Troonopvolging het in 2011 verander oor wie wanneer die kroon mag dra. Ingevolge dié wysiging staan die oudste kind, of dit nou ’n seun óf dogter is, ná die ouer in die ry en is daar ook weggedoen met die voorwaarde dat troonopvolgers gediskwalifiseer word as hulle met Katolieke trou.

Dit bring mee dat die vyfjarige prinses Charlotte die vierde troonopvolger is bó haar jongste broer, prins Louis (2).
Ingevolge die vorige wet wat voorkeur aan manlike nasate gegee het, is prinses Anne (70), koningin Elizabeth se dogter, die 16de troonopvolger – al is sy ouer as prins Andrew (61) én prins Edward (56).

Meer oor:  Harry  |  Meghan  |  Brittanje  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.