Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nuwe bewyse in saak teen Trump

Nuwe bewyse het glo aan die lig gekom wat in die verhoor van pres. Donald Trump gebruik gaan word om hom in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Die Demokrate in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers sê hulle sal hierdie bewyse by die Trump-dokumente voeg wanneer hulle Woensdag stem oor wanneer die dokumente na die Amerikaanse senaat gestuur moet word.

Die Demokrate, wat in die meerderheid in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers is, het uiteindelik gesê wanneer hulle sal stem om die dokumente na die Amerikaanse senaat – waar die Republikeine in die meerderheid is – te stuur nadat hulle Trump in Desember in ’n staat van beskuldiging geplaas het.

Die Demokrate sê hulle het nuwe dokumente in die saak teen pres. Donald Trump bekom. Foto: Reuters

Nancy Pelosi, speaker van die huis, hou die dokumente in haar besit totdat hulle op ’n dag en datum kan besluit.

Senior Demokrate het Dinsdag gesê hulle gaan dokumente wat van Lev Parnas, ’n sakeman van die Amerikaanse deelstaat Florida, verkry is by hul amptelike dokumente voeg. Dié dokumente van Parnas sluit telefoonoproepe en ander dokumente in.

Parnas is ’n vennoot van Trump se persoonlike prokureur, Rudy Giuliani, wat gesê het dat Parnas hom (Giuliani) gehelp het om Joe Biden, een van die Demokrate se voorste presidentskandidate en voormalige visepresident van Amerika, te ondersoek.

Die Demokrate het Trump in ’n staat van beskuldiging weens magsmisbruik en regsverydeling geplaas omdat Trump glo vir pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne gevra het om Biden se seun, Hunter, te ondersoek.

Reuters berig die Demokrate se stap om Parnas se dokumente ter elfder ure by te voeg, kan ’n aanduiding wees dat hulle nie die dokumente vroeër in hul besit gehad het nie.

Dié dokumente wat saam met die amptelike staat van beskuldiging na die senaat gaan, sal Trump se toekoms as president bepaal.

Die Amerikaanse senaat het die mag om Trump as president te verwyder, maar die kanse dat Trump verwyder sal word, blyk skraal te wees.

Meer as 20 Republikeine sal saam met die Demokrate in die senaat se verhoor moet stem, indien hulle Trump wil verwyder. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.