Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nuwe tegnologie bring nuus oor gewone Egiptenare
Papirus waarmee die omhusels van mummies in antieke Egipte gemaak is, verraai baie oor die alledaagse Egiptenare se daaglikse lewe. Foto: Twitter

Navorsers in Londen het ’n skanderingstegniek ontwikkel waarmee gesien kan word wat geskryf staan op papirus waarvan mummies se omhulsels destyds gemaak is, berig BBC News.

Die omhulsels is die versierde houers waarin die toegedraaide lyk gesit is voordat dit in die graf geplaas is.

Die omhulsels is gemaak uit stukkies papirus waarop die antieke Egiptenare inkopielysies gemaak of belastingvorms ingevul het. Danksy dié nuwe tegnologie kan historici nou nuwe insigte kry in die daaglikse lewe van antieke Egipte.

Die hiërogliewe teen die mure van die Faraos se grafte wys slegs hoe die ryk en magtige mense uitgebeeld wou word. Dit word dus as die propaganda van destyds beskou.

Prof. Adam Gibson van die University College London wat die projek gelei het, sê die nuwe tegniek gee Egiptoloë nou toegang tot die werklike verhaal van antieke Egipte.

“Die papirus het vir 2 000 jaar behoue gebly omdat dit gebruik is om prestige-objekte te maak. Hierdie masker-omhulsels verteenwoordig dus een van die beste biblioteke wat ons van afval-papirus het omdat dit andersins weggegooi sou word.

Dié papirus (wat meer as 2 000 jaar oud is) bevat inligting oor mense se daaglikse lewens.”

Die skrif op die papirus is dikwels verberg deur kleefmiddels wat die mummie-omhulsels aanmekaar hou. “Navorsers kan nou danksy die skanderingstegniek met verskillende soorte lig wat die ink laat gloei, sien wat op die papirus geskryf staan,” het Gibson gesê.

Meer oor:  Egipte  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.