Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nuwe wet: Oortreders in Hongkong kan lewenslank tronk toe

Kragtens die bepalings van die nasionale veiligheidswet in Hongkong sou baie van die protesoptredes die afgelope jaar daar as ondermyning of afstigting beskou kon word.

Carrie Lam
Carrie Lam Foto: Reuters

Mense kan lewenslange tronkstraf opgelê word as hulle dié nuwe wet oortree. Die wet wat van toepassing op permanente en niepermanente inwoners is, sluit die volgende in:

  • Misdade van afstigting, ondermyning, terrorisme en die samespanning met buitelandse “magte” is strafbaar met ’n minimum vonnis van drie jaar en ’n maksimum vonnis van lewenslange tronkstraf;
  • Die aanhitsing van haat teenoor China se sentrale regering en die streekregering van Hongkong is ’n misdryf;
  • Aktiwiteite soos die beskadiging van openbare vervoermiddels en openbare dienste kan as terrorisme beskou word. Die bepaling is gemik op betogers wat verlede jaar die verkeer ontwrig en die stad se infrastruktuur beskadig het;
  • Die regering in Beijing sal ’n nuwe veiligheidskantoor in Hongkong open met sy eie wetstoepassers wat nie onder die plaaslike owerheid se jurisdiksie val nie;
  • Carrie Lam, Hongkong se leier, kan regters in sake van nasionale veiligheid aanstel en die departement van justisie kan besluit of daar ’n jurie sal wees of nie;
  • Besluite wat deur die nasionale veiligheidskommissie geneem word, kan nie wetlik betwis word nie;
  • China sal die vervolging oorneem in sake wat as “baie ernstig” beskou word, terwyl sommige verhore agter geslote deure sal plaasvind;
  • Dit is ’n misdryf om ’n ander land, instelling, organisasie of individu te versoek om sanksies teen Hongkong in te stel;
  • Die bestuur van buitelandse nieregeringsorganisasies en nuusagentskappe sal verskerp word;
  • Die wet is ook van toepassing op niepermanente inwoners van Hongkong en diegene wat die wet oortree, sal gedeporteer word.
  • Dit is glo ook van toepassing op inwoners in die buiteland wat die nasionale veiligheidswet oortree terwyl hulle in die buiteland is;
  • Ingevolge die nuwe wetgewing sal die nasionale veiligheidswet geld indien dit strydig met bestaande wetgewing in Hongkong is.
  • Die wet het nie betrekking op voorvalle wat gebeur het voordat dit ingestel is nie. – Bronne BBC, CNN en New York Times



Meer oor:  Carrie Lam  |  Hongkong  |  China  |  Protesoptrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.