Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
NZ heropen moskee

Met die reuk van nuwe verf het die twee moskees in die Nieu-Seelandse stad Christchurch waar ’n man verlede week 50 aanbidders doodgeskiet het, Saterdag hul deure weer oopgemaak, met baie van die oorlewendes wat van die eerstes was om in te gaan om te bid vir diegene wat gesterf het.

By die Al Noor-moskee, waar meer as 40 van die slagoffers vermoor is deur ’n verdagte wit heerssugtige, is gebede hervat met gewapende polisielede op die toneel, maar geen sigbare herinneringe aan die massaskietery nie, Nieu-Seeland se ergste tot nog toe.

Aden Diriye, wat sy driejarige seun, Mucad Ibrahim, in die aanval verloor het, het saam met vriende na die moskee teruggekeer.

“Ek is baie gelukkig,” het hy gesê nadat hy gebid het. “Allah is wonderlik vir ons. Ek was terug die oomblik wat ons dit herbou het, om te bid.”

al noor,moskee,christchurch
Al Noor-moskee in Christchurch.

Die meeste slagoffers van die skietvoorval, wat Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se eerste minister, vinnig veroordeel het as ’n terroristeaanval, was migrante en vlugtelinge en hul dood het skokgolwe deur die Islamitiese wêreld gestuur.

Prins El Hassan bin Talal van Jordanië, wat die Al Noor-moskee besoek het, sê die aanval tas mense se menslike waardigheid aan.

“Hierdie is ’n oomblik van diep smart vir ons almal, die hele mensdom,” sê hy.

Die polisie sê hulle gaan ook die nabygeleë Linwood-moskee, wat ook verlede week tydens Vrydag-gebede aangeval is, heropen.

Nieu-Seeland het sy sekerheid opgeskerp sedert die aanval. Ardern het vinnig opgetree met ’n streng nuwe wet wat aanvalsgewere soos dié wat in die skietery gebruik is, te verban.

Ashif Shaikh, wat in die Al Noor-moskee was op die dag van die aanval waarin twee van sy huismaats doodgeskiet is en wat Saterdag teruggekeer het, sê hy gaan nie van stryk gebring word nie.

“Dit is die plek waar ons bid, waar ons mekaar sien, so ons sal terug wees,” sê hy.

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Al Noor  |  Christchurch-Aanvalle  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.