Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Obama se boek laat rekords spat op 1ste dag

Bykans 890 000 eksemplare van oudpres. Barack Obama se nuwe boek, A Promised Land, is in die eerste 24 uur in Amerika en Kanada verkoop, wat dit op koers plaas om die beste verkoper van presidensiële memoires in die moderne geskiedenis te maak.

Die verkope op die eerste dag, wat ’n rekord vir Penguin Random House was, sluit vooraf bestellings, e-boeke en luisterboeke in, berig The Guardian.

“Ons is in die wolke oor die verkope op die eerste dag,” sê David Drake, uitgewer van die Penguin Random House-drukkersnaam Crown.

“Dit weerspieël die wydverspreide opwinding onder lesers oor pres. Obama se lank verwagte en uitsonderlike boek.”

Oudpres. Barack Obama Foto: Getty Images

Die enigste boek deur ’n voormalige inwoner van die Withuis wat naby dié verkope kom, was dié van Michelle Obama, voormalige presidentsvrou, se eie memoire – Becoming – waarvan 725 000 eksemplare op die eerste dag in Noord-Amerika verkoop is en wat wêreldwyd die 10 miljoen kerf verbygesteek sedert dit in 2018 uitgereik is.

Oudpres. Bill Clinton se boek, My Life, het op die eerste dag in Noord-Amerika sowat 400 000 eksemplare verkoop en oudpres. George W. Bush se boek, Decision Points, sowat 220 000. Die verkope van elk van dié boeke is tussen 3,5 miljoen en 4 miljoen eksemplare.

Barack Obama se boek van 768 bladsye, wat slegs twee weke ná stemdag in Amerika uitgereik is, het reeds koerantopskrifte gehaal vir sy uiteensetting van die voormalige president se tyd in die Withuis en sleuteloomblikke in sy presidensie.

CNN berig dat derduisende mense die boek voor sy uitreikingsdatum bestel het.

Die verkope uit die voorafbestellings saam met die verkope op die eerste dag het op 887 000 eenhede neergekom “in alle formate en uitgawes in Amerika en Kanada” het Penguin Random House Woensdag gesê.

Die uitgewer sê dit verteenwoordig “die grootste eerste-dag-verlope vir enige boek wat die maatskappy al gepubliseer het”.

Boekverkopers verwag dat die memoire regdeur die vakansieseisoen die topverkoper sal bly.

Meer oor:  Barack Obama  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.