Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oekraïne: Komediant kan president word

Oekraïners stem Sondag in die tweede ronde van ’n verkiesing wat ’n komediant met geen vorige politieke ondervinding die president kan maak van ’n land wat in ’n oorlog gewikkel is.

’n Vrou stem in Kiëf, hoofstad van die Oekraïne. Foto: Vadim Ghirda, AP

Wolodimir Zelenskij, wat die rol van ’n fiktiewe president in ’n televisiereeks speel, is volgens meningspeilings ’n gewilder keuse as die huidige pres. Petro Porotsjenko, wie se gewildheid kwyn weens bloot sporadiese pogings om korrupsie vas te vat en ’n dalende lewenspeil.

Zelenskij se belofte om teen korrupsie te veg, resoneer met Oekraïners wat keelvol is vir die status quo in ’n land van 42 miljoen mense wat byna drie dekades nadat hy van die Sowjet-Unie onafhanklik geword het, steeds een van Europa se armste lande bly. Reuters

Meer oor:  Oekraïne  |  Komediant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.