Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Oekraïne vra Navo om skepe te stuur

Pres. Petro Porosjenko van die Oekraïne het die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) versoek om oorlogskepe na die See van Azof te stuur ná die naweek se konfrontasie met Rusland.

Die Oekraïne se pres. Petro Porosjenko (voor) en die minister van verdediging Stepan Poltorak (agter). Foto: Reuters
Pres. Wladimir Poetin. Foto: Dmitry Beliakov/Bloomberg News

Rusland het Sondag op drie vlootskepe van die Oekraïne beslag gelê. Skote is afgevuur en talle vlootbemanningslede is gewond.

Die voorval het voorgekom naby die Krim, wat in 2014 deur Rusland van die Oekraïne geannekseer is.

Porosjenko het aan Duitsland se Bild-koerant gesê hy hoop Navo-lidlande, wat Duitsland insluit, kan skepe ontplooi “om Oekraïne te help en veiligheid te bied”, berig BBC.

Intussen het pres. Wladimir Poetin van Rusland Woensdag ’n dreigement deur pres. Donald Trump van Amerika om ’n beplande vergadering met Poetin tydens die G20-beraad in Buenos Aires tussen hulle af te stel, afgemaak en Porosjenko daarvan beskuldig dat hy die krisis orkestreer.

Verskeie senior Europese politici het egter die moontlikheid geopper vir nuwe sanksies teen Rusland om hom vir die voorval te straf. Die Weste vrees Sondag se voorval kan wyer konflik veroorsaak.

Navo het sy “volle ondersteuning” aan Oekraïne, wat nie ’n lid is nie, gebied.

In ’n onderhoud met Bild het Porosjenko Poetin daarvan beskuldig dat “hy Azof wil beset”.

- Reuters

Die Oekraïne se pres. Petro Porosjenko
Die Oekraïne se pres. Petro Poroshenko. Foto: Reuters
Die Oekraïne se pres. Petro Porosjenko
Die Oekraïne se pres. Petro Poroshenko by lede van die land se weermag. Foto Reuters
Die Oekraïne se pres. Petro Porosjenko
Die Oekraïne se pres. Petro Poroshenko (middel) besoek 'n weermagbasis in Chernihiv in die Oekraïne. Foto: Reuters
Pres. Wladimir Poetin
Pres. Wladimir Poetin by 'n ekonomiese forum wat Woensdag in Moskou gehou is. Foto: Reuters
Oekraïne
Die Oekraïne se pres. Petro Poroshenko (voor) en die minister van verdediging Stepan Poltorak (agter). Foto: Reuters

Die drie vlootskepe van die Ukraïne waarop Rusland
Die drie vlootskepe van die Ukraïne waarop Rusland Sondag beslaggelê het, is in 'n hawe in die Krim gesien. Foto: Reuters
Die drie vlootskepe van die Ukraïne waarop Rusland
Die drie vlootskepe van die Ukraïne waarop Rusland Sondag beslaggelê het, is in 'n hawe in die Krim gesien. Foto: Reuters
Die drie vlootskepe van die Ukraïne waarop Rusland
Die drie vlootskepe van die Ukraïne waarop Rusland Sondag beslaggelê het, is in 'n hawe in die Krim gesien. Foto: Reuters

Meer oor:  Navo  |  Rusland  |  Oekraïne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.