Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oklahoma, Arkansas oorgehaal vir vloede ná storms

Duisende inwoners van die deelstate Oklahoma en Arkansas in die VSA het hulle Woensdag voorberei op nog oorstromings en van hul huise is ontruim, terwyl die vooruitsig op nóg reën die vrese laat ontstaan dat die walle van die Arkansasrivier ná dekades kan breek.

Ná meer as ’n week van erge neerslae en tornado’s is groot skade in die sentrale dele van Amerika aangerig. Groot gebiede in Oklahoma en Arkansas het oorstroom. Hoofpaaie is in riviere omskep en huise is verswelg.

Dié bord voor die Trinity Baptist Church in Oklahoma City is Sondag beskadig in ’n tornado wat die aand in die Amerikaanse stad voorgekom het. Foto: AP

Asa Hutchinson, goewerneur van Arkansas, het op ’n nuuskonferensie gesê die oorstromings is van “historiese afmetings”.

Oorstroming het reeds daartoe gelei dat 12 hoofpaaie in dié deelstaat gesluit is en 400 gesinne is besig om hul huise te ontruim, sê Hutchinson.

Nog swaar reën is later die aand verwag oor groot dele van die twee deelstate, met tussen 25 mm en 76 mm wat deur Amerika se nasionale weerdiens voorspel word.

In Tulsa, Oklahoma se tweede grootste stad, het die burgemeester gewaarsku dat die 70 jaar oue walle “soos nog nooit tevore nie beproef word”.

Nooddienste in El Reno in Oklahoma in die VSA soek deur die puin nadat ’n tornado ’n woongebied platgevee het.Foto: REUTERS/Richard Rowe

Minstens ses mense is dood in die jongste oorstromings en storms in Oklahoma, volgens die gesondheidsdepartement.

Die stormweer het die mense se lewens in dié streek heeltemal ontwrig en meer as 300 tornado’s het die afgelope twee weke oor die Midde-Weste gewoed.

Verskeie tornado’s het Dinsdagaand in die deelstaat Kansas voorgekom en huise, bome en kragpale beskadig. Tornado’s het ook geboue in die weste van die deelstaat Ohio beskadig en minstens een mens is dood, terwyl talle ander beseer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.