Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Olieaanval: Trump maak seker voor hy tot aksie oorgaan

Pres. Donald Trump het Maandag gesê dit lyk asof Iran verantwoordelik is vir die aanvalle in die naweek op olieaanlegte in Saoedi-Arabië, maar hy wil baie seker wees en nie sommer begin oorlog maak nie.

“Ek wil nie oorlog met enigiemand hê nie, maar ons is meer voorbereid as enigiemand,” sê Trump.

Dit lyk duidelik asof die aanvalle van Iran gekom het, “basies weet ons dit reeds, maar ons wil beslissend seker wees en soek nog bewyse”, het Trump volgens Al Jazeera gesê.

Amerika hou Iran verantwoordelik vir die aanvalle wat 5% van die wêreld se olieproduksie lamgelê het. Die aanval was vroeg Saterdagoggend op twee van die grootse oliefasiliteite in Saoedi-Arabië.

Die Hoeti-rebelle in Jemen, met wie ’n Saoedi-koalisie sedert 2015 in ’n oorlog is, het die verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar en gewaarsku daar gaan nog kom.

’n Militêre woordvoerder van Saoedi-Arabië het Maandag gesê hul aanvanklike ondersoeke dui daarop dat die wapens wat gebruik is van Iran kom.

Amerika het laat blyk hy is slaggereed vir ’n oorlog terwyl Iran al Amerika se beskuldigings ontken, maar ook sê hy is reg vir ’n volwaardige oorlog.

Saoedi-Arabië se twee grootste olieaanlegte brand Saterdag. Foto: Reuters

Mitch McConnell, Republikeinse meerderheidsleier in die senaat, sê hy hoop Amerika se internasionale vennote sal saam met hulle staan om te sorg dat Iran die gevolge vir die aanval dra. Hy het Trump geprys omdat hy gereed gemaak het om van die strategiese petroleumreserwes te gebruik om markte te stabiliseer indien nodig.

Die kongres het reeds vier wette aanvaar teen Trump se sterk ondersteuning aan die Saoedi-regering, maar Trump het al vier geveto ondanks Saoedi-Arabië se swak menseregterekord en die hoë sterftesyfers in die oorlog met Jemen.

Sen. Jim Risch, Republikeinse voorsitter van die buitelandse sakepaneel, het gewaarsku Amerika sal optree indien enige van sy soldate aangeval word.

“Iran moenie Amerika se bereidwilligheid onderskat nie. Enige aanval teen Amerikaanse magte wat oorsee gesetel is, word met oorweldigende reaksie beantwoord – geen teikens word uitgesluit nie. Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.