Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ondersoek ook VSA vir oorsprong van Covid, sê China

’n Chinese wetenskaplike meen die fokus van die ondersoek na die oorsprong van Covid-19 moet na Amerika geskuif word.

Zeng Goeang, hoofepidemioloog van die Chinese sentrums vir siektebeheer en -voorkoming, het sy kommentaar aan Global Times, ’n poniekoerant van die Chinese kommunistiese party, gegrond daarop dat Covid-19-gevalle glo reeds in Desember 2019 in Amerika voorgekom het.

Volgens hom blyk dit uit ’n studie wat die Amerikaanse instituut van gesondheid (NIH) vandeesweek gepubliseer het, dat Covid-19 reeds in Desember 2019 in Amerika versprei het.

Die studie het getoon dat minstens sewe mense in vyf Amerikaanse deelstate reeds weke voordat die eerste geval amptelik in die VSA aangemeld is met die virus besmet was.

’n Gesamentlike studie wat in Maart deur China en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gepubliseer is, het getoon dat die virus moontlik weens China se handel in vleisprodukte uitgebreek het.

Mense koop in Februarie vanjaar kos by ’n straatmark in Wuhan, China. Foto: Reuters

Die regering in Beijing het egter aangevoer dat Covid-19 waarskynlik weens besmette bevrore voedsel uit die buiteland in China uitgebreek het. Intussen wil Amerika nie die teorie wil laat vaar dat die virus in ’n Chinese laboratorium gekweek is nie.

Zeng het aan die koerant gesê Amerika was met die uitbreking van die virussiekte in die VSA traag om mense te toets, terwyl dié land ook oor baie laboratoriums beskik.

Zjao Lidjian, woordvoerder van China se departement van buitelandse sake, het gesê dit is nou so duidelik soos daglig dat die virus verskeie oorspronge gehad het, en dat ander lande hul samewerking aan die WGO moet gee.

Die oorsprong van die virus het politieke spanning tussen Amerika en China veroorsaak. Die VSA het China daarvan beskuldig dat hy nie deursigtig is oor die eerste gevalle wat daar voorgekom het nie.

In ’n vorige studie is bevind dat die virussiekte tot so vroeg as September reeds in Europa die ronde kon gedoen het, maar daar is ook bevind dat die virus waarskynlik sy oorsprong in China gehad het. Reuters


Meer oor:  China  |  Vsa  |  Covid  |  Oorsprong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.