Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Ons wil nie praat sodat Trump kan spog’

Noord-Korea stel nie belang in sinlose gesprekke met die VSA net sodat pres. Donald Trump iets het om oor te spog nie en eis ’n einde aan wat hy ’n beleid van vyandigheid noem as die VSA in dialoog geïnteresseerd is.

Dié kommentaar deur Kim Kje-gwan, ’n vorige minister van buitelandse sake en ’n senior amptenaar van Noord-Korea, kom nadat Trump Sondag op Twitter ’n beroep op die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, gedoen het om “vinnig op te tree” en op nog ’n vergadering gesinspeel het.

Kim Kje-gwan het in ’n verklaring van Noord-Korea se amptelike KCNA-nuusagentskap gesê hy het Trump se twiet gesien, maar min het sedert Junie verlede jaar verbeter ongeag drie vergaderings tussen dié twee leiers.

Ons stel nie meer belang in sulke gesprekke nie, want dit beteken vir ons niks nie.
Kim Kje-gwan, oud-minister van buitelandse sake

“Ons stel nie meer belang in sulke gesprekke nie, want dit beteken vir ons niks nie,” het hy gesê.

“Aangesien ons niks hieruit gekry het nie, sal ons nie langer iets aan die Amerikaanse president gee om oor te spog nie,” het Kim Kje-gwan gesê.

Dit was die tweede keer in minder as ’n week dat Noord-Koreaanse verklarings Trump regstreeks teiken, iets wat die Noord-Koreaanse regering vermy het sedert die twee lande ’n grootliks onproduktiewe proses van dialoog in 2018 hervat het.

’n Ander verklaring van KCNA het Kim Jong-tjol, ’n senior amptenaar wat voorheen die gesprekke met die VSA gelei het, aangehaal waarin hy sê dié land “moenie oor onderhandelings oor kernontwapening droom voordat hy sy vyandige beleid laat vaar nie” – ’n duidelike verwysing na die Amerikaanse militêre oefeninge saam met Suid-Korea en strafsanksies.

“Niks druk ons nie en ons het geen voorneme om saam met die lastige VSA om ’n tafel te sit nie,” sê Kim Jong-tjol.– Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika  |  Noord-Korea  |  Politiek  |  Oorlog  |  Vrede  |  Samesprekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.