Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ontvoerde toeris, gids in Uganda vrygelaat

’n Amerikaanse toeris en haar plaaslike gids is die naweek vrygelaat nadat hulle verlede week uit ’n nasionale park in Uganda ontvoer is.

Die gids Jean-Paul Remezo en die Amerikaanse toeris Kimberley Sue Endecott ’n dag ná hul vrylating Sondag. Foto: Wild Frontiers Safaris Uganda

Die Ugandese regering het Maandag gesê Kimberley Sue Endecott (35) en Jean-Paul Remezo is ongedeerd. Hulle is verlede Dinsdag deur ’n bende gewapende mans uit die Koningin Elizabeth Nasionale Park ontvoer.

Die gewapende mans het ’n $500 000-losprys geëis.

Dit is steeds onbekend of hulle aan enige terreurgroep verbonde is.

Die park is naby die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Die gebied is vroeër beheer deur die Ugandese rebellegroep ADF, wat steeds kampe in die DRK het.

Die plaaslike media, insluitend die staatsbeheerde koerant New Vision, berig ’n losprys is wel vir die twee betaal. Luidens ’n berig in New Vi­sion is $30 000 betaal.

’n Woordvoerder van Wild Frontiers Safaris Uganda, die safarimaatskappy wat Endecott gebruik het, sê: “ ’n Onderhandelde skikking is bereik met die hulp van die Amerikaanse regering. Ek het wel nie besonderhede daarvan nie.”

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake sê die VSA maak “geen uitsonderings” nie. Sy beleid is om nie lospryse te betaal nie.

“Ons glo vas om toegewings te maak, vergroot die gevaar vir Amerikaners en andere wat in die buiteland reis,” lui ’n verklaring van die departement.

“Ons kan wel bevestig ons het nou met ons Ugandese ampsgenote saamgewerk.”

Pres. Donald Trump het Maandag getwiet Uganda moet die ontvoerders opspoor en “vinnig en openlik” aan die reg onderwerp.

Pres. Yoweri Museveni het op Twitter belowe hulle sal “optree teen hierdie geïsoleerde groepies misdadigers”.– Reuters

Meer oor:  Uganda  |  Ontvoer  |  Vrylating
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.