Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oop verhore kom oor staat van beskuldiging teen Trump

Verrigtinge om pres. Donald Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas oor pogings om druk op Oekraïne toe te pas om ’n politieke teenstander te ondersoek, sal aanstaande week op die spits gedryf word wanneer ’n komitee onder leiding van die Demokrate sy eerste openbare sittings hou.

Demokrate het Woensdag gesê die Raad van Verteenwoordigers se intelligensiekomitee sal oop sittings hou met die Amerikaanse diplomate wat kommer uitgespreek het oor Trump se optrede met die Oekraïne.

Die openbare getuienis sal William Taylor, topdiplomaat in die Oekraïne, George Kent, adjunk-assistentsekretaris, en Marie Yovanovitch, voormalige ambassadeur in Oekraïne, insluit.

Hulle getuig op 13 en 15 November, sê Adam Schiff, voorsitter van die komitee. Hy het getwiet dat “meer sal volg”.

Die diplomate en ander het reeds agter geslote deure getuig voor wetmakers van beide partye.

Die Demokrate het al gesê dat hulle genoeg bewyse het om voort te gaan met openbare verhore vir ’n staat van beskuldiging wat waarskynlik formele klagte sal voorafgaan en waaroor die raad sal moet stem.

Indien die raad onder leiding van die Demokrate stem om Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas, kan die Senaat wat deur die Republikeine beheer word, ’n verhoor hou om te bepaal of hy uit sy amp verwyder moet word.

Republikeine in die Senaat het sover nie veel van ’n aptyt getoon om die president uit die kussings te lig nie.

Taylor het van die skadelikste getuienis tot dusver gelewer en op 22 Oktober aan wetmakers gesê dat Trump die vrystelling van $400 miljoen in leniging vir veiligheid aan die Oekraïne gebied het op die voorwaarde dat Kiev openlik verklaar dat hy polities gemotiveerde ondersoeke van Joe Biden, voormalige visepresident, gaan doen.

Taylor sê Gordon Sondland, Amerikaanse gesant by die Europese Unie, het aan hom gesê dat Trump die beskikbaarstelling van die steun verbind het aan pres. Volodymyr Zelenskiy van die Oekraïne wat openlik verklaar dat hy Biden en sy seun, Hunter, en ’n samesweringsteorie oor die 2016 verkiesing wat weelde is, sal ondersoek.

Joe Biden is die bo-aan die lys as die Demokrate se kandidaat vir die presidentsverkiesing in November 2020.

Trump het die raad se ondersoek as ’n heksejag afgemaak en die Demokrate daarvan beskuldig dat hulle hom onbillik teiken in die hoop om sy oorwinning in die 2016 verkiesing om te keer.

Trump het Woensdag getwiet dat die ondersoek ’n “bedrieglike slenter” is. - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.