Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ooreenkoms tussen Britte, EU weer besig om te verbrokkel

Boris Johnson, Britse premier, is ’n nuwe slag toegedien toe die speaker van die Britse parlement Maandag geweier het om die Brexit-stem toe te laat.

Met net tien dae oor totdat Brittanje op 31 Oktober die Europese Unie (EU) moet verlaat, is die egskeidingsooreenkoms weer besig om te verbrokkel omdat Britse politici steeds stry oor of hulle met of sonder ’n ooreenkoms moet uittree, of nog ’n referendum moet hou. 

John Bercow, speaker van die laerhuis, het gesê daar mag nie Maandag hieroor gestem word nie aangesien dieselfde kwessie Saterdag bespreek is toe teenstanders Johnson se groot Brexit-dag in ’n vernedering verander het.

“Die mosie van vandag is in wese dieselfde as die mosie van Saterdag, en die laerhuis het reeds oor die saak beslis. Die omstandighede van vandag is in wese dieselfde as Saterdag se omstandighede,” het Bercow aan die parlement gesê.

johnson
Boris Johnson, premier van Brittanje. Foto: Reuters

“My beslissing is dus dat die mosie nie vandag bespreek sal word nie omdat dit herhalend en wanordelik sou wees om dit te doen,” het Bercow gesê.

Dit besluit het onmin in die kamp van Brexit-ondersteuners ontlok. Hulle sê hulle is die kans geweier om oor Johnson se ooreenkoms te stem.Bercow het gesê die regering kan teen 31 Oktober steeds bekragtiging vir die Brexit-ooreenkoms verkry as hy die getalle in die parlement het.

 Volgens ’n woordvoerder was Johnson teleurgesteld oor die besluit.Johnson is die naweek deur die parlement gedwing om aan die EU te skryf en uitstel te vra.

Britse LP’s het Saterdag gestem om ’n besluit oor die Brexit-ooreenkoms uit te stel. Hulle sê hulle het meer tyd nodig om die inhoud daarvan te bestudeer voor die sperdatum van 31 Oktober.

Wetgewers steun ’n wysiging wat die regering effektief dwing om ’n verlenging tot Januarie aanstaande jaarte versoek.

Johnson het Saterdag belowe om by die Brexit-sperdatum van 31 Oktober te hou, ondanks die feit dat LP’smeer tyd gewen het om ’n skeidingsooreenkoms te bestudeer waaroor hy met Brussel ooreengekom het. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.