Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hartoperasie gaan voort terwyl brand woed
Dokters en verpleërs het ondanks die brand voortgegaan met die opehartoperasie. Hulle het selfs van waaiers gebruik gemaak om die rook uit die teater te kry. Foto: Reuters

Russiese dokters het te midde van ’n brand in die hospitaal voortgegaan om ’n opehartoperasie te voltooi.

Die dak van die hospitaal in die stad Blagoweshensk, in die verre ooste van die land, het Vrydag aan die brand geraak.

Dit het brandweermanne meer as twee uur geneem om die vlamme in bedwang te bring.

Terwyl hulle teen die vlamme geveg het, is waaiers gebruik om rook uit die operasiesaal te hou.

Brandweermanne het meer as twee uur gespook om die brand by ’n hospitaal in Blagoweshensk in bedwang te bring. Foto: Reuters
Die dak van die hospitaal in Blagoweshensk het vlamgevat terwyl ’n opehartoperasie aan die gang was. Foto: Reuters

’n Groep van agt dokters en verpleegpersoneel het die opehartoperasie in twee uur voltooi voordat die personeel en pasiënt na ’n ander fasiliteit verskuif is.

Een van die chirurge, Valentin Filatof, het aan ’n televisiekanaal in die land – REN TV – gesê daar was niks anders wat hulle kon doen nie, hulle móés die pasiënt se lewe red.

Die departement vir noodgevalle sê 128 mense is onmiddellik uit die hospitaal ontruim toe die brand op die gebou se dak uitgebreek het.

Die brand het soos blits deur die gebou, wat in 1907 gebou is, versprei, omdat baie van die gebou se oorspronklike struktuur nog van hout is.

Niemand is in die voorval beseer nie. – Reuters

Meer oor:  Rusland  |  Hospitaal  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.