Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Opposisieleier aangehou in Belarus

Die prominente opposisieleier Maria Kolesnikova word deur owerhede in Belarus aangehou.

Waar Kolesnikova, ’n sleutelfiguur gedurende vier weke van massabetogings in die land, haar bevind bly ’n raaisel sedert sy Maandag in die hoofstad, Minsk, deur gemaskerde mans op straat oorrompel is.

Die adjunkminister van Oekraïne, Anton Gerashchenko, het aan die nuusagentskap Reuters gesê Kolesnikova het ’n gewelddadige uitsetting uit haar geboorteland suksesvol voorkom.

“Maria Kolesnikova het moed aan die dag gelê wat die spesiale dienste in Belarus nie in staat stel om haar na die Oekraïne te verdryf nie,” het hy gesê. “Die verantwoordelikheid vir haar lewe en gesondheid is nou in Aleksander Loekasjenko, die diktator in Belarus, se hande,” het Gerashchenko gesê.

Maria Kolesnikova, opposisieleier in Belarus.Foto: Reuters

Die nuusagentskap Interfax Ukraine het gesê die aktivis het haar paspoort doelbewus opgeskeur sodat amptenare by die Oekraïense grens haar nie kon deurlaat nie.

Loekasjenko, die president van Belarus, het kort ná die voorval aan Russiese verslaggewers gesê dat hy nie die moontlikheid van ’n nuwe verkiesing uitsluit nie, maar alle gesprekke met teenstanders verwerp wat volgens hom daarop ingestel is om die land “in die afgrond” in te lei.

Die mede-opposisieleier Sviatlana Tsikhanouskaya, wat in ballingskap in die naburige Litaue is, het gevra dat Kolesnikova vrygelaat word en gesê dat haar aanhouding slegs die betogings teen die regering in Belarus sou laat opvlam.

Twee ander opposisiefigure, Anton Rodnenkov en Ivan Kravtsov, het Dinsdag in die vroeë oggendure in die Oekraïne aangekom, het die Oekraïense grensdiens gesê.

“Kolesnikova word nou aangehou, ek kan nie konkreet sê waar sy is nie, maar sy word aangehou,” het Anton Bychkovsky, ’n verteenwoordiger by die grensdiens in Belarus, telefonies aan Reuters gesê.

Belarus gaan sedert ’n omstrede verkiesing op 9 Augustus gebuk onder massabetogings en politieke onrus.

Die land van 9,5 miljoen mense is van groot strategiese belang vir Moskou as ’n roete vir die uitvoer van olie en gas en dien as ’n buffer tussen Navo en Rusland.

Tsikhanouskaya het Dinsdag gesê dat Loekasjenko aan die hoof staan ??van “ ‘n onwettige regime”.

“Loekasjenko het geen legitimiteit as die president van ons land nie. Hy verteenwoordig nie Belarus nie,” het sy in Vilnius, Litaue, waarheen sy na die verkiesing gevlug het, gesê. – Reuters

Reuters: https://www.reuters.com/article/us-belarus-election/belarusian-protest-leader-detained-at-border-as-lukashenko-rejects-dialogue-idUSKBN25Z0YW

Meer oor:  Belarus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.