Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Orkaan Florence: Dis net die begin

Hewige rukwinde en oorstromings was Donderdag die eerste tekens dat die lewensgevaarlike orkaan Florence die Amerikaanse kuslyn gaan tref.

Reuters berig dat die oog van die orkaan die suidelike kus van Noord-Carolina teen Vrydag gaan tref voordat die storm oor die binneland beweeg.

Volgens die Amerikaanse nasionale orkaansentrum woon bykans 10 miljoen mense in die pad van die verwoestende orkaan.

Florence is volgens die nasionale weerkantoor tot ’n kategorie 1-storm afgegradeer met golwe van oor die 10 m.

Noord-Carolina word gekenmerk deur groot moerasse, eilande en strande, wat probleme gaan veroorsaak wanneer die storm dit Vrydag tref.

Die hawestad Morehead ervaar reeds swaar reën en enorme deinings. In New Bern, op die Neuse-rivier, moes ’n CNN-span ontruim word toe toestande te gevaarlik vir hulle geraak het.

Die weerstasie in Atlantic Beach het reënval van meer as 300 mm in 24 uur aangeteken, berig CNN.

Verder suidwaarts, in Carolina Beach, is die noordelike deel van die stad deur water verswelg met die eerste aanslag van die orkaan se stormwind.

By Cape Lookout is stormwinde van 133 km/h aangeteken.

CNN se meteoroloog, Jennifer Gray, sê die storm is as ’n kategorie 1-storm geklassifiseer, maar die vloedgolwe is dié van ’n kategorie 4-storm.

Volgens Gray gaan die storm vererger terwyl dit oor die Atlantiese Oseaan beweeg en nie afneem nie, omdat die windspoed nie afgeneem het nie.

Meer as 1 miljoen mense is reeds deur die owerhede versoek om die kusgebiede van Carolina en Virginië te ontruim terwyl duisende na skuilings gevlug het.

Die storm sal ’n toets wees vir pres. Donald Trump se regering wat oor minder as twee maande aan ’n verkiesing deelneem om te bepaal wie in beheer van die Kongres gaan wees.

Trump het op Twitter gesê hy word deurentyd op die hoogte gehou oor die orkaan Florence. Hy sê die Federale Noodbestuursagentskap (Fema), diegene wat eerste hulp gaan verleen, en wetstoepassers is gereed.

“Ons is saam met julle!” lui Trump se twiet.

Trump het onder hewige kritiek deurgeloop oor sy reaksie op die orkaan Maria wat Puerto Rico verlede jaar getref het en waarin 3 000 mense dood is.

AccuWeather berig dat Florence na raming skade van tussen $30 miljard en $60 miljard aan infrastruktuur en die ekonomie kan aanrig.

Meer oor:  Orkaan Florence
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.