Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Orkaan Florence: Selfs flaminke moet vlug

Die orkaan Florence het teen Vrydagoggend Amerikaanse tyd die kus van Noord-Carolina bereik en begin om verwoesting in die gebied te saai.

Die hoofweg van Harker-eiland in Noord-Carolina is reeds happe gevreet deur die tierende water en wind van orkaan Florence. Foto: AP

CNN  berig die orkaan gaan gepaard met sterk wind en ongeveer 75 mm reën val per uur in die gebied.

Die stad New Bern in Noord-Carolina het dié foto uitgereik van 'n beerstandbeeld wat in vloedwater in 'n straat dryf. Foto: AP

In New Bern, ’n stad in Noord-Carolina, het reddingswerkers reeds 200 mense uit die stygende water gered, terwyl nog 150 wag om gered te word.

Peggy Perry, ’n inwoner van New Bern, sê sy en nog drie gesinslede is in haar huis se solder vasgekeer.

“Die watervlak het in sekondes van heuphoogte tot borshoogte gestyg,” sê Perry.

The New York Times berig die oog van Florence het by die Wrightsville-strand die land bereik en wind van meer as 150 km/h waai in die gebied.

Honderde mense is in New Bern, wat teen die Neuse-rivier lê, vasgekeer en wag op redding.

Noodspanne van die Amerikaanse nasionale kom uit die gereedheidsentrum in Suid-Carolina. Foto: AP
Mense soek by die Rooikruis skuiling in Noord-Carolina. Foto: Reuters
Die skuiling is reeds oorlopens vol in afwagting van die orkaan Florence. Foto: Reuters

Florence is laat Donderdagmiddag tot ’n kategorie 1-storm afgegradeer. Hoewel die windspoed afgeneem het, waarsku kenners dat die swaar reën die grootse bedreiging kan inhou.

Kenners verwag dat die storm stadig suidwes oor Suid-Carolina sal inbeweeg voordat dit noord sal draai.

Volgens die BBC is meer as ’n miljoen inwoners gewaarsku om die gebied te ontruim.

Daar word ook kragonderbrekings oor Noord-Carolina heen ondervind.

Die goewerneur van dié staat sê vir die gebied om die storm te oorleef, gaan uithouvermoë, geduld, spanwerk en logika verg.

Flaminke van die Riverbanks dieretuin in Suid-Carolina word na veiligheid gebring ter voorbereiding van die orkaan Florence. Foto: Reuters

Intussen is diere soos flaminke van die dieretuin ook na veiligheid gebring. 

’n Weervoorspeller, Brandon Locklear, sê Noord-Carolina gaan waarskynlik agt maande se reënval in twee of drie dae kry.

Meer oor:  Noord-Carolina  |  Orkaan  |  Natuurramp  |  Orkaan Florence
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.