Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Orkaan Michael: Huise nou aan ander kant van pad

“Ons het huise gehad wat aan die een kant van die straat was en nou is hulle aan die ander kant,” sê Bo Patterson, burgemeester van Port St. Joe in die Amerikaanse deelstaat Florida, waar baie woonbuurte heeltemal deur die orkaan Michael vernietig is.

Hy het gesien hoe bome verby sy venster vlieg terwyl hy die storm in sy huis sewe blokke van die strand af getrotseer het.

Patterson skat in sy dorp van 3 500 mense is 1 000 huise heeltemal of gedeeltelik vernietig.

Reddingswerkers het Donderdag na oorlewendes gesoek in woonbuurte langs die kus.

Die orkaan word beskou as een van die kragtigste storms in Amerika se geskiedenis.

Dit het wydverspreide oorstromings veroorsaak en tot die dood van sewe mense gelei.

'n Lugfoto wys die vernietiging. Foto: Reuters

Michael het Florida Woensdagmiddag (plaaslike tyd) getref met ’n volgehoue wind van tot 250 km/h.

Hele woonbuurte is aan flarde. Paaie is beskadig. Dit het tonele van verwoesting gelaat.

Die Amerikaanse weermag het swaar toerusting gebruik om ’n pad deur die puin in Mexikostrand te stoot om reddingswerkers deur te laat wat soek na vasgekeerde inwoners, beseerdes en lyke. Blackhawk-helikopters het oorhoofs gevlieg.

Reddingswerkers van die federale noodbestuur-agentskap het honde en hommeltuie in die soektog ingespan.

“Ons berei voor vir die ergste en hoop vir die beste. Dié is natuurlik die ergste,” sê Stephanie Palmer, ’n brandbestryder van Coral Springs, Florida.

In Port St. Joe, 19 km oos van Mexikostrand, is twee bote in twee geskeur en ’n groot skip het op die strand beland, het inwoners gesê. – Reuters

Meer oor:  Florida  |  Orkaan Michael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.