Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oud-Kapenaar kry besoek van NS-premier ná aanval

’n Voormalige inwoner van Kaapstad, Ziyaad Shah, wat gewond is tydens die aanval op die moskee in Christchurch in Nieu-Seeland, het Vrydag ’n besoek van die land se premier, Jacinda Ardern, ontvang.

A woman places flowers at a memorial as a tribute
'n Vrou sit blomme neer ter nagedagtenis aan die lewensverlies in moskee-skietery. Foto: Reuters

Shah (47) herstel in die hospitaal ná sy ontberinge. Altesaam 50 mense het in die aanval gesterf.

Shah, wat in Grassy Park gebore is en in Atlantis grootgeword het, het sy vrou, Shamilah, en hul drie dogters, Zakkiyyah, Salaamah, en Aadilah, by hom gehad toe Ardern besoek aflê.

Sayed Noor Mohamed, ’n familielid, het aan News24 gesê Shah het besluit om Nieu-Seeland toe te trek om sy familie en sy kinders ’n kans op ’n beter lewe te gee.

Hy is al die afgelope 12 jaar ’n burger van dié land, en reis elke paar jaar Suid-Afrika toe om by sy familie te kuier.

Sy laaste besoek aan Suid-Afrika word juis gekenmerk deur ’n familiefoto wat op die strand geneem is. Almal in die foto glimlag en is gelukkig.

“Ons was erg bekommerd toe ons verlede Vrydag wakker word,” sê Mohamed, terwyl hy terugdink aan hoe hulle gevoel het terwyl nuus oor die skietery uitgesaai word.

“Ons het ’n boodskap gesien van sy vrou af, en ons was geskok.”

Shah se vrou het die familie in kennis gestel dat hy by die Al Noor-moskee geskiet is, en in die hospitaal opgeneem is.

“Ons was baie bang, want ons het nie geweet of hy dood was of die aanval oorleef het nie.

“Hy het daar gelê deur dié hele ding,” vertel Mohamed.

Die familie het agterna gehoor dat Shah, wat nie geweet het of hy gaan oorleef nie, gelê en bid het, met een van die aanvallers slegs ’n paar meter van hom af.

Hy is in sy boude en sy bene geskiet. Shah is een van die min mense wat die aanval oorleef het.

Mohamed het Shah, sy oom, as ’n sagmoedige mens beskryf wat nooit ’n slegte woord oor sy medemens kwytgeraak het nie.

“Hy is ’n man van vrede. Selfs voor die skietery was hy lief vir elke ras en geloof.”

Die Shah-familie sê hoewel die skietery hulle geskok gelaat het, is hulle omring deur mense wat vir hulle omgee en wat hulle ondersteun.

Shah se skoonseun, Moshin, wat in Nieu-Seeland gebore is, is glo nou vreesbevange ná die voorval.

Volgens Mohamed glo Shah steeds Nieu-Seeland is veilig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.