Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oud-kolonel, SA veterane veg teen militantes in Mosambiek

’n Voormalige kolonel in die eertydse Rhodesiese weermag wat bygestaan word deur Suid-Afrikaanse “teenstroperveldwagters en veterane van die Angolese burgeroorlog” is glo op versoek van die Frelimo-regering in Mosambiek besig om Islamitiese militantes in die noorde van dié land op te dreun.

Die Britse koerant The Telegraph berig op sy webwerf kol. Lionel Dyck en sy groep elite skerpskutters was op 10 April in die hawestad Pemba in ’n kritieke geveg met “honderde” militantes betrokke.

Dyck-hulle het glo uit helikopters “dosyne” van die aanvallers doodgeskiet.

Die militantes het glo tot op ’n punt weerstand gebied en toe die bosse in gevlug, berig die koerant.

Sowat ’n duisend mense het al aan hul hand gesterf en 100 000 is ontwortel.

Sowat tien dae gelede was Dyck, wat ’n offisier in die gevreesde Selous Scouts was, en sy groep ook in ’n groot geveg naby die dorp Macomia in die noorde van die Cabo Delgado-provinsie met die insypelaars betrokke.

Twee rebelleleiers is hier doodgeskiet en die Mosambiekse weermag het later op 78 lyke in die omgewing afgekom.

Die militantes, wat vroeër deur die Tanzaniese weermag en polisie uit dié land verdryf is, het in 2017 die Cabo Delgado-provinsie binnegeval en stadig maar seker momentum opgebou.

Sowat ’n duisend mense het al aan hul hand gesterf en 100 000 is ontwortel.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is diep bekommerd oor die situasie.

Die Russiese Wagner-groep – wat in opdrag van pres. Wladimir Poetin ter ondersteuning van die Mosambiekse regering daar ontplooi is – het onlangs sleg daarvan in gevegte afgekom.

Ná die Rhodesiese bosoorlog wat gelei het tot die onafhanklikwording van Zimbabwe, het Dyck volgens The Telegraph ’n maatskappy begin wat wêreldwyd landmyne verwyder.

Hy is later na Suid-Afrika waar hy betrokke geraak het by die beskerming van renosters.

Bulawayo News 24 berig Dyck het glo noue bande met Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa.


Meer oor:  Frelimo-Regering  |  Mosambiek  |  Militantes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.