Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oudoffisier van VSA-lugmag van spioenasie aangekla

Monica Witt, voormalige intelligensie-offisier in die Amerikaanse lugmag, is Woensdag van spioenasie aangekla.

Witt het Iran na bewering gehelp om ’n kuberoperasie op die been te bring wat op destydse kollegas gespioeneer het. Volgens die Amerikaanse departement van justisie het die 39-jarige Witt oor inligting van agt Amerikaanse militêre agente beskik wat sy aan Iranse kuberkrakers gegee het sodat hulle bespiedware op die agente se persoonlike rekenaars kon laai.

Witt het in 2013 na Iran oorgeloop en woon, na verneem word, steeds in dié land. “Sy het besluit om teen die VSA te draai en het haar lojaliteit aan Iran gebied,” het Jay Tabb, die FBI se uitvoerende assistentdirekteur vir nasionale veiligheid, Woensdag gesê. “Dit wil lyk of die motivering vir die spioenasie en oorlopery ideologies van aard is,” sê Tabb.

Witt was tussen 1997 en 2008 ’n intelligensie-offisier in diens van die Amerikaanse lugmag waarna sy twee jaar as kontrakteur gewerk het. – Reuters

Amerikaanse owerhede het Woensdag Monica Witt, voormalige intelligensie-offisier in die Amerikaanse lugmag, van spioenasie aangekla.

Meer oor:  Amerika  |  Iran  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.