Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oudpremier van Kroasië tronk toe oor omkopery

’n Oudpremier van Kroasië en die voorsitter van ’n Hongaarse energiegroep is Maandag skuldig bevind aan omkopery en tronk toe gestuur.

Zsolt Hernádi, hoof van die groep MOL, is in ’n reuse-korrupsiesaak wat al ’n dekade voortsleep, skuldig bevind dat hy Ivo Sanader, oudpremier, omgekoop het.

Sanader is ses jaar tronk toe gestuur en Hernadi twee jaar.

Sanader moes volgens die omkooptransaksies sorg dat MOL die hoofbesluitnemer in Kroasië se energiemaatskappy word, hoewel hy nie die grootste aandeelhouer was nie.

Sanader is reeds van April 2019 in die tronk weens ’n vorige skuldigbevinding.

Die twee kan nog appelleer teen hul vonnis. – Bronne: Reuters; DW


Meer oor:  Kroasië  |  Omkopery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.