Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oudpres. George Bush sr. sterf
HOUSTON, TX - FEBRUARY 05: President George H.W. B
Pres. George HW Bush Foto: Getty Images

George Bush sr. (94) se kantoor het vroeg Saterdag Suid-Afrikaanse tyd aangekondig dat hy oorlede is.

Dit volg sowat 8 maande na die dood van sy vrou, Barbara (92), na ’n huwelik van 73 jaar. Hy is ’n dag na haar begrafnis in April vanjaar vir ’n infeksie behandel.

Bush was die 41ste president van Amerika en ook die pa van George W. Bush, ook ’n Amerikaanse president.

Bush was ’n Republikein met ’n geskiedenis van meer as 40 jaar diens in die Amerikaanse openbare diens, met die hoogtepunt sy presidentskap tussen 1989 en 1993.

Bush het aan Parkinson se siekte gely en hy het vir jare ’n gemotoriseerde rolstoel gebruik.

CNN berig Bush is in Houston, Texas, oorlede.

Hy was volgens berigte wat pas na sy dood begin verskyn het, in ’n lewe van voorreg gebore as die seun van ’n senator. Bush was ’n vereerde vegvlieënier in die Tweede Wêreldoorlog, ’n atleet in sy studentedae, oliemagnaat in Texas, Republikeinse lid van die kongres, voorsitter van dié party, en dan natuurlik ook president van die VSA nadat hy die Demokraat Michael Dukakis in die presidensiële verkiesing van 1988 geklop het by die stembusse.

Nadat hy deur Bill Clinton opgevolg is, het die twee ’n ongekende vriendskap gehad weens hul agtergrond uit mededingende politieke partye.

Bush kon nie ’n tweede termyn as Amerikaanse president dien nie.

Behalwe vir sy naamgenoot seun, laat Bush ook sy seuns Jeb, Neil en Marvin en dogter Dorothy, asook 17 kleinkinders na.

Hy sal langs sy geliefde vrou, Barbara, in Texas begrawe word.

Daar is bespiegel dat hy in die vorige presidentsverkiesing nié vir die Republikein Donald Trump gestem het nie, maar wel vir Hillary Clinton.

Op ligter noot was hy ook daarvoor bekend dat hy broccoli verbied het op die vlugte van die Amerikaanse presidensiële vliegtuig, Airforce One, omdat hy dié groente gehaat het.

Meer oor:  George H.W. Bush
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.