Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oudpresident van Egipte dood ná floute in hof

Mohammed Morsi (67), Egipte se voormalige president wat in 2013 in ’n staatsgreep deur die weermag uit die kussings gelig is, is Maandag dood nadat hy kort ná ’n hofverskyning flou geword het.

Morsi het op aanklagte van spioenasie in die hof in Kaïro verskyn.

Sy bewind het in 2013 ná massabetogings in die land tot ’n einde gekom.

Hy is Maandag in ’n hospitaal in Kaïro dood.

Morsi was Egipte se eerste demokratiese president en was vanaf 30 Junie 2012 tot 3 Julie 2013 aan bewind.

Hy het Maandag in die hof sowat 20 minute voor ’n regter gepraat. Hy het vreemd begin optree en toe flou geword. “Hy is na ’n hospitaal gehaas waar hy later dood is,” het ’n bron in die justisiedepartement gesê. Morsi was in aanhouding sedert sy bewind in 2013 tot ’n einde gekom het.

Morsi het 20 jaar gevangenisstraf uitgedien nadat hy skuldig bevind is aan die talle sterftes van betogers wat in 2012 in opstand gekom het. Hy is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir spioenasie in ’n saak wat met gebeure in Katar verband hou. – Reuters, BBC

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.