Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oudste persoon in Europa kry Covid-19 en oorleef

Europa se oudste mens, ’n Franse non, het Covid-19 oorleef en sal vandeesweek haar 117de verjaardag vier.

Lucile Randon, wat suster André heet sedert sy in 1944 by ’n Katolieke orde vir liefdadigheid aangesluit het, is middel Januarie in ’n aftreeoord in Toulon in die suidelike deel van Frankryk positief vir die virus getoets.

Sy is van die ander inwoners geïsoleer, maar het geen simptome getoon nie.

Op ’n vraag of sy bang was omdat sy die virus opgedoen het, het suster André aan die Franse nuuskanaal BFM TV gesê sy was nie bang om te sterf nie.

“Ek is bly om met julle te wees, maar ek wens ek kon elders wees – by my ouboet en ouma en oupa,” het sy geantwoord.

David Tavella, woordvoerder van die Sainte Catherine Labouré-aftreeoord, het gesê dit gaan goed met haar.

“Ons beskou haar as genees. Sy is baie kalm en sien uit daarna om Donderdag haar 117de verjaardag te vier.”

Volgens Tavella sal suster André, wat blind maar lewenslustig is, haar verjaardag weens die pandemie met ’n kleiner groep inwoners as gewoonlik vier.

Sy is op 11 Februarie 1904 gebore en volgens die Gerontologie-navorsingsgroep (GRG) die tweede oudste lewende mens in die wêreld.

Kane Tanaka van Japan, wat op 2 Januarie 118 jaar oud geword het, is die oudste.

Volgens die GRG se lys is die 20 oudste mense in die wêreld almal vroue. - Reuters 

Meer oor:  Koronavirus  |  Oorleef  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.