Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hier is oudste Nobelprys-wenner ooit

Die wetenskaplikes John Goodenough, Stanley Whittingham en Akira Josjino het Woensdag die 2019-Nobelprys vir chemie gewen vir die ontwikkeling van die litium-ioon-battery, belangrike tegnologie wat die wêreld in staat stel om weg te beweeg van fossiel-brandstowwe.

Goodenough, ’n Amerikaner, is 97 jaar oud, en dus die oudste persoon tot dusver om ’n Nobelprys te ontvang.

’n Skerm met die foto’s en name van die wenners van die 2019-Nobelprys vir chemie op ’n nuuskonferensie in Stockholm, Swede. Van links na regs is John B. Goodenough, M. Stanley Whittingham, en Akira Yoshino. Foto: Reuters
John Goodenough toe hy die nasionale medalje vir wetenskap in 2013 ontvang het. Pres. Barack Obama het die medalje by die Withuis aan hom oorhandig. Hy is nou 97 jaar oud en die oudste persoon tot dusver wat ’n Nobelprys ontvang het.Foto: Reuters

Hy deel die prys met Whittingham van Brittanje en Josjino van Japan.

“Dié herlaaibare battery het die grondslag gelê vir draadlose elektronika soos selfone en skootrekenaars,” sê die Royal Swedish Academy of Sciences in ’n verklaring. Die wenners deel prysgeld van 9 miljoen Sweedse krone.

“Dit maak ook ’n wêreld moontlik wat vry is van fossiel-brandstowwe, aangesien die batterye gebruik word vir alles van elektriese voertuie tot die berging van herwinbare energie.”

Whittingham het die eerste werkende litiumbattery in die vroeë 1970’s uitgevind. Goodenough het die battery se potensiaal in die volgende dekade verdubbel en Yoshino het suiwer litium in die battery uitgeskakel, wat dit baie veiliger gemaak het.

Die Nobelprys vir medisyne en fisika is vroeër die week uitgeloof. Die pryse vir literatuur, vrede en die ekonomie word in die volgende paar dae aangekondig. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.