Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oudste vrou in Amerika sterf

Die oudste Amerikaanse vrou het volgens haar familie vreedsaam in haar slaap gesterf.

Hester Ford was 115 of 116 jaar oud – afhangend van watter sensus geglo word.

Volgens die Gerontology-navorsingsgroep was sy die oudste lewende persoon in die VSA tot en met haar dood die afgelope Saterdag. Gerontology glo Ford was 115 jaar en 245 dae oud. Volgens die groep se rekords is sy in 1905 op ’n plaas in Suid-Carolina gebore.

Hester Ford op haar 111de verjaardag in Augustus 2016. Foto: AP

Toe sy 14 jaar oud was, is sy met John Ford getroud en op 15 het sy die lewe geskenk aan die eerste van haar 12 kinders.

John is in 1963 oorlede, waarna Hester tot op die ouderdom van 108 op haar eie in Charlotte gewoon het. Haar familie het daarop aangedring dat sy ’n versorger aanstel nadat sy in die bad geval en ’n rib gekraak het.

Hester het 68 kleinkinders, 125 agterkleinkinders en minstens 120 agter-agterkleinkinders.

“Sy was ’n steunpilaar en staatmaker in ons familie wat baie liefde en ondersteuning aan elkeen van ons gegee het,” sê haar agterkleinkind Tanisha Patterson-Powe.

Volgens haar het Hester elke oggend ’n halwe piesang geëet, buite gaan stap vir vars lug, die weervoorspelling gekyk en dan deur foto-albums geblaai, legkaarte gebou en musiek geluister. “Sy was nie net ’n verteenwoordiger van ons familie nie, maar van die swart Amerikaners se ras en kultuur in die land. Sy was daagliks ’n herinnering van hoe ver ons as mense in die land en op die aarde gekom het,” sê Patterson-Powe.

Meer oor:  Vsa  |  Sterf  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.