Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ouma fnuik jaagduiwels met haardroër

Die storie van ’n ouma van die Amerikaanse deelstaat Montana het vinniger as wat ’n Ferrari kan versnel op sosiale media versprei nadat sy haar haardroër gebruik het om jaagduiwels mee te “vang”.

Patti Baumgartner probeer jaagduiwels met haar haardroër “vang”. Foto: Twitter/ @timmyb48
Noah Pesola het Patti Baumgartner ’n erepolisielid van die staat gemaak. Foto: Twitter/ @TrooperPesola

Die ouma, Patti Baumgartner, wat in Polson in Lake County woon, se seun het ’n foto van haar in Augustus geneem waar sy met ’n haardroër langs die pad sit sodat dit sou lyk asof sy jaagduiwels se spoed meet en hulle stadiger ry, berig Kpax News.

Baumgartner was besorg oor haar kleinkinders se veiligheid wanneer hulle in die pad stap omdat die motors daar so jaag. Sy het dus besluit om haar stoel en haardroër nader te sleep sodat sy kon kyk of sy die jaagduiwels so ver kon kry om stadiger te ry.

Haar seun Tim het ’n foto van haar geneem en dit op sosiale media geplaas sodat hy die owerhede bedag kan maak op die jaagduiwels.

Dit het gewerk omdat Noah Pesola, plaaslike polisielid, dit gesien het en aangekondig dat hy Baumgartner opgespoor het en haar ’n erepolisielid van die staat gemaak het.

Meer oor:  Ouma  |  Haardroër  |  Jaagduiwels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.