Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oupagrootjie erken hy het kleinseun (6) geskiet

’n Oupagrootjie van Oos-Yorkshire in Engeland het erken sy kleinseun is dood nadat hy hom met ’n windbuks geskiet het.

Luidens ’n verklaring van die Humberside-polisie het Albert Grannon (77) van Sproatley in Oos-Yorkshire Maandagoggend in die Hull Crown Court skuld beken op aanklagte van strafbare manslag en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Sy kleinseun, Stanley Metcalf (6), is op 26 Julie 2018 na die hospitaal in Hull, noordoos van Sproatley, gebring. Hy is later die dag dood verklaar.

Daar is in die geregtelike ondersoek bevind hy is met ’n windbuks in die maag geskiet, berig die Press Association.

Volgens die polisie het Grannon Maandag gepleit en is die saak tot 2 Julie vir vonnisoplegging uitgestel.

Speur-inspekteur Rebecca Dickinson, wat die ondersoek gelei het, sê dit is ’n “tragiese voorval waar ’n sesjarige seun, wat sy hele lewe voor hom gehad het, dood is”.

Sy het Stanley as ’n energieke jong seun beskryf met liefdevolle ouers, broers en susters.

“Wat dit meer tragies maak, is dat ’n familielid vir sy dood verantwoordelik is.”

Dickinson sê sy is bly Grannon het skuld beken.

“Hy het tot dusver geen berou getoon nie. Ek hoop hy sal nou besef wat die gevolge van sy dade is en hoe baie Stanley se ouers, Jenny en Andy, gely het.

“Stanley was een van ’n tweeling. Hy en sy suster, Elsie, was onafskeidbaar. Ek kan myself net voorstel hoe sy gaan voel wanneer sy mylpale in haar lewe sonder haar broer moet vier.”

Dickinson sê daar is geen wenners in hierdie saak nie.

“Dit het al my beamptes ontstel om hierdie saak te ondersoek. Stanley se gesin sal die res van hul lewe sonder hom wees.”

https://www.humberside.police.uk/news/guilty-plea-over-death-stanley-metcalf

https://edition.cnn.com/2019/06/10/europe/great-grandfather-kills-boy-rifle-intl-scli-gbr/index.html

Meer oor:  Wêreld  |  Kleinseun  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.