Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Owerhede in België omgekrap oor Gekkedag-grap

Die polisie in België het Donderdag ’n fees, wat eintlik ’n Gekkedaggrap was, met traanrook en waterkanonne tot stilstand geruk en vier mense in hegtenis geneem.

Die BBC berig die fopfees wat in Brussel se Bois de la Cambre-park plaasgevind het, is in Maart op sosiale media geadverteer.

België
Die polisie in België jaag duisende mense uiteen wat opgedaag het vir 'n Gekkedag-fees. Foto: Reuters

Meer as 2 000 mense het vir die fees opgedaag.

Die fopfees se organiseerders het aan die BBC gesê die hele ding was ’n grap. In die uitnodiging het hulle selfs bekende platejoggies aan die feesgangers beloof.

Die polisie het Donderdagmiddag die fees te voet en te perd ingevaar en die groot groepe mense uitmekaar probeer jaag.

Reuters berig minstens twee mense is beseer.

Die fees het die nasionale Covid-19-maatreëls oortree omdat net vier mense in die buitelug byeen mag kom.

Pogings word nou aangewend om vas te stel wie die Facebook-uitnodiging vir die fees geskep het.

Philippe Close, burgemeester van Brussel, sê hy verstaan dat mense in die lente buite wil wees, maar die byeenkomste sal nie geduld word nie.

In België, met ’n bevolking van sowat 11,5 miljoen mense, is meer as 882 000 koronavirusgevalle aangemeld en 23 000 mense het aan Covid-19 gesterf. - BBC, ReutersIndependent

Meer oor:  België  |  Fees  |  Owerhede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.