Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pakistanse regering vra hof om Daniel Pearl-saak te hersien

Die regering van Pakistan het die land se hoogste hof versoek om die kwytskelding van die Amerikaanse joernalis Daniel Pearl se moordenaars op hersiening te neem.

Dit kom nadat die hof die vier mans, wat in 2002 skuldig bevind is daaraan dat hulle Pearl ontvoer en onthoof het, Donderdag kwytgeskel het.

Die Withuis het die bevinding as ’n “belediging vir slagoffers van terreur oral” bestempel, berig CNN.

Pearl het as burohoof van die Wall Street Journal in Suidoos-Asië gewerk toe hy in 2002 in Karachi ontvoer is. Sy moord was glo tydens sy beriggewing oor Richard Reid, die Britse terroris wat as die “skoenbomplanter” bekend staan.

Die hoëprofiel-ontvoering het internasionaal aandag getrek.

Pearl se onthoofding is opgeneem en aan Amerikaanse amptenare gestuur.

Vier mans is daarna in hegtenis geneem en skuldig bevind.

Een van die mans, Ahmed Omar Saeed Sheikh, ’n Brit, is die doodstraf opgelê.

Die hof in die Sindh-provinsie het in April verlede jaar weer die saak in oorweging geneem nadat dit aan die lig gekom het dat die ondersoekers nie die wetlike ondervragingsproses gevolg het nie.

Dié hof het die mans se skuldigbevinding omgekeer en onvoldoende bewyse, teenstrydighede in die polisie se weergawes en bekentenisse wat afgedwing is as redes aangevoer. Die hof het tot die gevolgtrekking gekom dat: “Die aanklaer het geen getuienis voor die hof geplaas om enige van die appellante met Pearl se moord te verbind nie.”

Slegs Sheikh se skuldigbevinding is steeds van krag ofskoon sy gepaardgaande sewe jaar tronkstraf beteken dat hy reeds geskik is vrylating vir die tyd wat hy uitgedien het. Die hof het in Desember bygevoeg dat die mans ná 18 jaar agter tralies reeds “onherstelbare en uiterse skade gely het”, en opdrag gegee dat al vier vrygelaat word.

Pearl se familie het in ’n verklaring deur hul regsverteenwoordiger gesê: “Vandag se besluit is ’n totale bespotting van die gereg en die vrylating van die moordenaars stel joernaliste oral sowel as die mense van Pakistan in gevaar,” berig DW.

Die Withuis het gesê hy is “verontwaardig” oor die hof se bevinding.

Jen Psaki, woordvoerder van pres. Joe Biden van Amerika, het die hofbevinding as ’n belediging vir terreurslagoffers oral beskryf en ’n beroep gedoen op die regering van Pakistan om sy “regsopsies te oorweeg”.

Volgens The Guardian het Mahmood A. Sheikh, Sheikh se regsverteenwoordiger, gesê dat hy reeds Vrydag vrygelaat kan word, afhangend van hoe vinnig die provinsiale regering die hofbevel uitvoer.


Meer oor:  Pakistan  |  Moord  |  Hof  |  Ontvoering  |  Terreur  |  Onthoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.