Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Terreur: Pakistanse terroriste sê hulle dood 5 in hotel

Die Baloch Liberation Army (BLA), ’n etniese seperatistegroep wat in Pakistan vir die onafhanklikheid van die provinsie Balochistan veg, het verantwoordelikheid vir die aanval op ’n hotel in die hawestad Gwadar aanvaar.

Die Pearl-Continental in Gwadar is ’n groot en luukse hotel op ’n heuwel wat oor die hele stad uitkyk.

Pearl-Continental
Die luukste Pakistanse hotel, die Pearl-Continental in Gwadar. Foto: Pchotels.ocm

Vyf mense is in die aanval Sondag dood, onder wie ’n soldaat, berig die BBC. Die hotel het nie baie gaste gehad nie, omdat dit heilige Moslem-maand van Ramadaan is.

Veiligheidsbeamptes het aan Al Jazeera gesê regeringsmagte was gou op die toneel en het die aanvallers in ’n gang op die vierde verdieping vasgepen.

“Ons vegters het die aanval op Chinese en ander buitelandse beleggers uitgevoer wat in die hotel gebly het,” sê Jihand Baloch, woordvoerder van die militante BLA in ’n verklaring wat na Al Jazeera ge-e-pos is.

Imran Khan, Pakistan se premier, sê die aanval is ’n poging om ekonomiese projekte en vooruitgang te saboteer. “Ons sal nie toelaat dat hierdie agenda suksesvol deurgevoer word nie.”

Gwadar is ’n belangrike en groot hawe in Balochistan wat deur die Chinese gebou is as deel van die ekonomiese korridor wat die suidweste van China met die Arabiese See deur Pakistan verbind. Dit sluit ’n netwerk van paaie, treinspore en pyplyne in, berig die BBC.

Die BLA het op Twitter gedreig om meer aanvalle in China en Pakistan uit te voer, berig CNN.

Meer oor:  Pakistan  |  Ontploffing  |  Hotel  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.