Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pamela Anderson takel premier oor smerige opmerkings

Pamela Anderson (51), voormalige Baywatch-aktrise en model, het Scott Morrison, Australië se premier, aangevat vir sy “smerige opmerkings” teenoor haar, nadat sy hom gevra het om Julian Assange, die WikiLeads-stigter, by te staan.

Anderson en Assange is sedert 2014 vriende. Daar word beweer dat Anderson, wat ook ’n aktivis is, Assange se situasie gebruik om in die kalklig te bly.

Pamela Anderson Foto: https://www.pamelaandersonfoundation.org/biography/

Anderson het ’n ope brief op haar webtuiste geplaas wat die naweek in The Daily Beast gepubliseer is.

Anderson het in ’n onderhoud op Australië se 60 Minutes ’n beroep op Morrison gedoen om Assange terug te bring na sy geboorteland.

“Kry Julian se paspoort terug en bring hom terug na Australië en wees trots op hom, en hou vir hom ’n partytjie wanneer hy by die huis kom,” het sy op die televisieprogram gesê.

Morrison het daarna in ’n onderhoud met ’n plaaslike radiostasie gesê: “Ek het baie vriende wat my gevra het of hulle my spesiale afgevaardigde kan wees om die saak met Anderson uit te sorteer”.

Hy het dit ook beklemtoon dat Australië nie by Assange se saak sal ingryp nie.

Anderson sê in haar brief Morrison se reaksie was teleurstellend. “Jy het die lyding van ’n Australiër en sy familie as onbelangrik afgemaak. Jy het dit opgevolg met smerige en onnodige opmerkings teenoor ’n vrou wat haar politieke mening uitspreek,” het Anderson in ’n ope brief geskryf.

Verskeie Australiese politici het haar kritiek op Morrison se taalgebruik ondersteun, selfs al het sommige haar standpunte oor Assange se saak betwis.

Assange is in die ambassade van Ecuador in Londen sedert hy in 2012 om asiel gevra het. Hy word deur Amerikaanse wetstoepassingsagentskappe ondersoek vir die publisering van geklassifiseerde diplomatieke boodskappe en ander geheime inligting.

Die WikiLeaks-stigter Julian Assange. Foto: AP

Assange het aanvanklik in die ambassade toevlug gevind nadat Britse howe sy uitlewering aan Swede beveel het om ondervraging in ’n seksuele aanrandingsaak te betwis.

Die saak is uiteindelik laat vaar, maar Assange bly in die ambassade weens kommer dat hy aan Amerika uitgelewer sal word.

Sy verhouding met die ambassade het sedertdien aansienlik versleg.

Verlede week het Amerikaanse media berig amptenare berei ’n klagstaat voor teen hom.

CNN berig Morrison het nog nie op Anderson se brief gereageer nie.

Meer oor:  Pamela Anderson  |  Julian Asange
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.