Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Paralimpiese atleet Marieke Vervoort (40) kies genadedood

Die Belgiese Paralimpiese atleet Marieke Vervoort (40) is Dinsdagaand in Diest, België, dood nadat sy haar reg om genadedood, wat wettig in die land is, te uit te oefen.

Die BBC berig Vervoort, ’n Belg, het reeds in 2008 dokumente onderteken sodat dokters eendag haar lewe kan beëindig. Sy was ’n voorstander van genadedood.

Haar geboortestad, Diest, het haar dood in ’n verklaring bevestig en gesê sy het haar keuse om genadedood Dinsdagaand uitgeoefen.

Vervoort het die wêreld in 2016 geskok toe sy aangekondig het dat sy genadedood sal oorweeg, wanneer sy meer slegte as goeie dae begin ervaar, berig Sky News.

Marieke Vervoort (40) is Dinsdagaand in Diest, België, dood. Foto: Getty Images

Sy het destyds aangekondig dat jy dag tot dag moet leef en die klein goedjies moet geniet.

Soos vroeër berig was sy net 21 jaar oud toe ’n seldsame siekte, degeneratiewe miëlopatie, haar in 2000 verlam gelaat het. Maar dit het haar nie daarvan weerhou om aktief te bly nie.

Rolstoel-mandjiebal, driekamp en deelname aan Hawaii se Ystermankompetisie in 2007 het gevolg.

In 2008 het haar gesondheid so erg agteruitgegaan dat sy nie meer aan driekamp kon deelneem nie. Sy het rolstoel-naellope volgende aangepak.

Sy het in 2012 aan die Londense Paralimpiese Spele deelgeneem – haar eerste in die rolstoelafdeling. Sy het ’n goue medalje in die 100 m (T52-klas) en ’n silwer in die 200 m ingepalm.

The Guardian berig Vervoort het tydens die Paralimpiese Spele in 2016 in Rio gesê haar pyn is ondraaglik en dat sy sommige nagte net 10 minute slaap.

“Dis te moeilik op my liggaam. Ek kry in elke oefensessie baie swaar weens die pyn. Ek oefen hard vir elke kompetisie. Om te oefen, te ry en aan kompetisies deel te neem, is my medisyne. Ek druk so hard dat ek letterlik al my vrese net wegdruk,” het Vervoort destyds gesê.

Sy het twee medaljes in Rio verower.

Meer oor:  Genadedood  |  Marieke Vervoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.