Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Parlement keur Boris se Brexit-plan goed

Die parlement van die Verenigde Koninkryk het Boris Johnson, Britse premier en leier van die Konserwatiewe Party, se plan om van die Europese Unie (EU) weg te breek goedgekeur.

Britse LP’s in die laerhuis het Donderdag ’n einde gemaak aan drie jaar se geredekawel en onsekerheid oor die sogenaamde Brexit-plan toe hulle Johnson se plan met 330 stemme teenoor 231 goedgekeur het, berig Reuters

Volgens Deutsche Welle baan dit nou die weg vir Brittanje om reeds op 31 Januarie van die EU te skei.

Dit is egter slegs die eerste fase van Brexit – die betrokke wetgewing handel meestal oor onmiddellike sake soos die regte van EU-burgers, die betaling van uitstaande geld aan die EU en onderhandelings oor die eerste 11 maande van die “oorgangstydperk”.

Die Europese parlement moet ook besluit of hy Johnson se plan sal aanvaar of nie. Indien wel, bly Brittanje tot 31 Desember onderhewing aan die EU se reëls.

Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het vroeër gesê dit sal byna onmoontlik wees om alles voor die einde van die jaar uit te stryk, maar dat dit wel moontlik is om die belangrikste en potensieel mees ontwrigtende kwessies in hierdie tydperk op te los.  

Die volgende stap is om die betrokke wetgewing deur die Britse hoërhuis goedgekeur te kry. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.