Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Parlement verwerp Brexit-tydrooster
Boris Johnson, die Britse premier.Foto: Reuters

Brittanje se vertrek uit die Europese Unie (EU) is Dinsdag in chaos gedompel nadat die parlement die Britse premier, Boris Johnson, se tydrooster verwerp het om sy Brexit-uittredingsooreenkoms te bekragtig.

Die parlement het sy ooreenkoms gesteun, maar meen die rooster wat voorgestel word is te streng.

Terwyl die sperdatum van 31 Oktober vir Brittanje se vertrek uit die EU vinnig naderkom, hang die ooreenkoms in die weegskaal terwyl ’n verdeelde Britse parlement debatteer oor wanneer, hoe en selfs óf die uittrede moet gebeur.

Johnson het Dinsdag gesê die regering sal die wetgewingsproses onderbreek om die Brexit-ooreenkoms met die Europese Unie (EU) te bekragtig, terwyl die blok besluit of Brittanje se beplande uittrede op 31 Oktober vertraag moet word.

Johnson het die opmerking gemaak kort nadat die parlement die beplande rooster van die regering vir die wetgewing verwerp het.

Johnson het gesê: “Die EU moet nou besin oor hoe om die versoek van die parlement vir ’n uitstel te beantwoord.

“Ek sal met die EU-lidlande praat oor hul voornemens. Totdat hulle ’n besluit geneem het, sal ons hierdie wetgewing onderbreek. Laat ek duidelik wees, ons beleid bly dat ons nie moet uitstel nie,” het hy gesê. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brexit  |  Eu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.