Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Parys: Duisende huldig onthoofde onderwyser

Duisende mense het Sondag byeengekom om hulde aan die onthoofde geskiedenisonderwyser Samuel Paty te bring.

Netwerk24 het vroeër berig ’n 11de persoon is Sondag in hegtenis geneem nadat Paty (47) deur ’n vermeende Islamiet onthoof is.

Byeenkomste is in Parys, Lille, Lyon, Nantes, Toulouse, Straatsburg, Marseille en Bordeaux gehou. Daar word ook Woensdag ’n nasionale geleentheid gehou om hulde aan Paty te bring.

Die byeenkomste kom nadat pres. Emmanuel Macron van Frankryk die uitsetting van 231 buitelanders aangekondig het wat deur die land se veiligheidsdienste as Islamitiese ekstremiste bestempel word. Macron het die aanval Saterdag ’n Islamitiese terreuraanval genoem.

Mense bring hulde aan Samuel Paty (47), die geskiedenisonderwyser, op die Place de la République in Parys, Frankryk. Foto: Reuters
’n Optogganger met ’n foto van Samuel Paty. Foto: AP
Honderde mense Sondag op die Place de la République in Parys. Foto: AP
Blomme is vir Samuel Paty neergesit by die skool waar hy die tekeninge van die profeet Mohammed as deel van sy klas oor vryheid van spraak gewys het. Foto: AP

Paty is Vrydag voor die skool in ’n Paryse woonbuurt aangeval deur ene Abdoulakh A, wat in Rusland gebore en van Tsjetsjniese herkoms is.

Hy het glo Vrydag by die skool vir leerlinge gevra watter van die onderwysers is Paty. Hy het hom toe agtervolg en onthoof.

Die aanvaller het op die polisie geskiet en is deur hulle doodgeskiet. ’n Lem van 30 cm lank is by hom gekry.

Onder die 11 mense wat aangekeer is, is die aanvaller se pa sowel as iemand wat deur die Franse media as ’n radikale Islamiet beskryf word.

Paty was voor sy moord eers die slagoffer van aanlyn dreigemente nadat hy in ’n les oor vryheid van spraak tekeninge van die profeet Mohammed gewys het.

Hy het glo Moslem-leerlinge gewaarsku om weg te kyk indien dit hulle sou ontstel. Moslems glo enige uitbeelding van die profeet is godslasterlik. – BBC, The Telegraph, Aljazeera


Meer oor:  Charlie Hebdo  |  Samuel Paty  |  Parys  |  Frankryk  |  Moord  |  Terreur In Europa  |  Onthoof  |  Islam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.