Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Parys verbied derde van sy voertuie op paaie

In ’n poging om lugbesoedeling te verminder mag ’n derde van die voertuie in Parys nie meer gedurende die week in dié Franse hoofstad ry nie.

Dit is van die strengste beheermaatreëls in Europa en dis ingestel nadat in ’n verslag bevind is dat die lugbesoedeling in Parys erger as in enige ander Europese hoofstad is, berig The Times.

Die strenger beheer oor voertuie in die stad is al verlede week ingestel weens die erge hittegolf waaronder Europa gebuk gegaan het en wat die lugbesoedeling vererger.

Die regulasies is egter op 1 Julie verskerp en dieselvoertuie wat tussen 2001 en 2005 geregistreer is asook vragmotors wat tussen 2006 en 2009 geregistreer is, mag glad nie in sekere dele van die stad ry nie.

Die stad beplan om die regulasies toenemend strenger te maak tot in 2030 wanneer net elektriese of voertuie met brandstofselle wat met waterstof werk in Parys se strate toegelaat sal word. – Reuters

Dié foto van die spitsverkeer in Parys is in 2017 geneem.Foto: Reuters

Meer oor:  Parys  |  Frankryk  |  Hittegolf  |  Lugbesoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.