Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse ambassadeur bedank oor kritiek oor Trump

Die Britse ambassadeur in Amerika het bedank te midde van die omstrede boodskappe oor pres. Donald Trump van Amerika.

Theresa May, premier van Brittanje, moes Woensdag erg om verskoning vra. Trump is woedend oor die boodskappe wat aan die lig gekom het.

“Trump se administrasie is wanfunksioneel en onbekwaam,” was een van Kim Darroch, die ambassadeur, se boodskappe.

Darroch se boodskappe na Brittanje het in die hande van ’n Sondagkoerant beland.

“Die uitlek van vertroulike inligting van ’n ambassade is onaanvaarbaar en natuurlik betreurenswaardig. Ons is in kontak met die Trump-regering hieroor,” sê May.

Trump het May op Twitter gekritiseer oor haar hantering van Brexit en dat sy nie sy raad gevolg het nie.

“Wat ’n gemors het sy en haar verteenwoordigers veroorsaak” het hy getwiet en dan dadelik oorgegaan om die Britse ambassade in Amerika te beledig: “Ek ken nie die ambassadeur nie, maar ons sal nie langer met hom saamwerk nie. Niemand het van hom gehou en iets goeds van hom gedink nie”, lui Trump se twiet.

Sy twiet lui verder: “Die goeie nuus vir die wonderlike Brittanje is dat hulle gou ’n nuwe premier sal hê. Terwyl ek my staatsbesoek verlede maand verskriklik geniet het, was dit die koningin wat my die meeste beïndruk het.”

LONDON, UNITED KINGDOM - 2019/06/04: US President
Trump en May vroeër tydens 'n ontmoeting in Londen. Foto: Getty Images

Darroch het in sy vertroulike terugvoering as ambassadeur aan sy regering tussen 2017 en nou onder meer laat weet die binnegevegte in die Withuis is “meestal waar” en het in korrespondensie ’n prentjie van ’n deurmekaar regering geskep oor Trump se besluit om die militêre aanval op Iran af te gelas.

“Ons glo nie regtig dat die regering substansieel meer normaal gaan word nie, minder wanfunksioneel, minder onvoorspelbaar, minder faksies sal hê nie en diplomaties minder lomp en onbekwaam sal wees nie,” lui een van sy verslae.

Enkele ure ná Trump se twiet het May se woordvoerder Brittanje se posisie bevestig dat die uitlek van die Darroch-verslae betreurenswaardig is, en sê Darroch het “steeds die premier se volle ondersteuning”.

Liam Fox, Brittanje se minister van handel wat tans Washington besoek, sê die kwaadwillige uitlek van hierdie inligting kan die betrekkinge tussen die twee lande beskadig, asook veiligheidsbelange.

Hy sou later met Trump se dogter, Ivanka vergader, en het onderneem om om verskoning te vra.

Brittanje hoop om ’n groot handelsooreenkoms met Amerika te sluit nadat hy die Europese Unie verlaat het.

Jeremy Hunt, minister van buitelandse sake en premierskandidaat, sê hy stem nie saam met Darroch se sienings nie, maar sal sy reg om dit te sê, verdedig. Hy belowe daar sal ernstige gevolge wees vir die persoon wat die kommunikasie laat uitlek het.

Nigel Farage, leier van die Brexitparty, sê mense soos Darroch sal nie daar wees as Boris Johnson, die gunsteling om premier te word, by May oorneem nie.

Hoewel Farage na aan Trump is, sê hy hy sal nie Brittanje se volgende ambassaseur na Washington wees nie – “ek dink nie ek is die regte persoon vir die pos nie”. – Reuters

Meer oor:  Theresa May  |  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.