Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Chileense vliegtuig verdwyn met 38 aan boord

'n Chileense militêre vliegtuig met 38 mense aan boord het Maandagaand spoorloos verdwyn.

Die BBC berig dat dié vliegtuig op pad was na Antarktika toe dit verdwyn het.

Die vliegtuig het om 16:55 plaaslike tyd by die Punta Arenas-lughawe opgestyg, waarna operateurs omstreeks 18:00 kontak met die vliegtuig verloor het.

Die Washington Post berig die weermag het 'n kennisgewing gekry dat die vliegtuig verdwyn het, waarna hulle soek-en-reddingspanne gestuur het.

Die vliegtuig, 'n C-130 Hercules, het 17 bemanningslede en 21 passasiers, waaronder drie burgerlikes, vervoer.

India Today berig pres. Sebastián Piñera sê op Twitter dat hy en die minister van verdediging, asook die minister van binnelandse sake by die lugmagbasis is sodat hulle die verwikkelinge kan monitor.

TURIN, ITALY - 2019/09/04: A Lockheed Martin C-130
So lyk die Lockheed Martin C-130 Super Hercules. Foto: Getty Images

Meer oor:  Verdwyn  |  Vliegtuig  |  Chili
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.