Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pedofiel Jeffrey Epstein neem eie lewe in tronk

Die veroordeelde Amerikaanse pedofiel Jeffrey Epstein het homself klaarblyklik om die lewe gebring, het die polisie Saterdag aan die New York Post bevestig.

'n Man wat soos Epstein lyk, is Saterdag op 'n draagbaar by die Manhattan- korrektiewe sentrum uitgestoot en na 'n New Yorkse hospitaal gebring, het die koerant berig. 

Hy is glo sowat twee weke gelede onder waarneming geplaas nadat hy bewusteloos aangetref is in 'n poging om sy eie lewe te neem. 

Honderde hofdokumente is Vrydag in 'n federale hof in New York beskikbaar gestel waarin nuwe besonderhede oor seksuele misbruik teen Epstein en verskeie van sy kennisse aan die lig kom, berig CNN.

Reuters het vroeër berig die geldskieter (66) is op 7 Julie in hegtenis geneem en aangekla weens sekshandel met minderjarige meisies. Hy het in die hof skuld op die aanklagte ontken. Hy is aangehou nadat hy borgtog geweier is.

Epstein is daarvoor bekend dat hy met politici soos Donald Trump, die Clintons en koninklikes soos prins Andrew sosialiseer en is al die verlede ook ondersoek.

Epstein het in 2007 skuld beken op ’n verminderde aanklag van prostitusie. Hy is toe geregistreer as ’n seksoortreder.

In Februarie vanjaar het ’n Amerikaanse regter bevind dat aanklaers ’n wet oortree het deur nie meer as 30 geïdentifiseerde slagoffers te laat weet van dié ooreenkoms sodat hulle dit kon teenstaan nie.

Die Amerikaanse departement van justisie het egter verlede maand in ’n hofdokument gesê daar is geen rede om die ooreenkoms te kanselleer nie.

Voordat dié ooreenkoms bereik is waarin Epstein nie vervolg is nie, is hy deur moontlike aanklagte teen hom in die gesig gestaar vir die seksuele mishandeling van meisies so jonk as 14 jaar oud tussen 1999 en 2007.

Hy het ook glo aan ander mense opdragte gegee om hulle te mishandel.

Hy het verder sy werknemers betaal om slagoffers na hom te bring, lui hofdokumente. Epstein het gesê die omgang met die beweerde slagoffers was konsensueel en dat hy geglo het die meisies was 18 jaar oud.

Die nuwe aanklagte teen Epstein hou verband met die beweerde mensehandel van tientalle minderjariges in New York en Florida tussen 2002 en 2005, volgens die Daily Beast. Die Miami Herald het berig dié klagte sluit nuwe slagoffers en getuies in wat met owerhede in New York gepraat het oor die afgelope paar maande.

'n Strafregtelike saak kan nie voortgaan teen 'n beskuldigde ná sy dood nie, maar beweerde slagoffers kan steeds siviele eise teen die oorledene se boedel instel, het regskenners aan CNN gesê.

Meer oor:  Jeffrey Epstein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.