Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Pelosi wil Trump se oorlogsvlerke knip

Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, beplan om vandeesweek pres. Donald Trump se oorlogsmagte te beperk.

Die resolusie wat sy beplan om in te dien is soortgelyk aan een wat reeds by die senaat ook ingedien is.

“Dit bevestig die kongres (die huis en die senaat saam) se lank bestaande toesigverantwoordelikheid. Dit gee die kongres die mandaat om alle militêre optrede teen Iran binne 30 dae stop te sit.”

Pelosi het die brief waarin die resolusie uiteengesit is, Sondag laat Amerikaanse tyd na die Demokratiese lede van die kongres gestuur. Die huis van verteenwoordigers word deur die Demokrate beheer en die senaat deur die Republikeine.

Die brief volg op die ontplooiing van sowat 2 800 bykomende soldate ná die lugaanval waarin Amerika ’n gewilde militaris van Iran in Irak doodgemaak het.

Genl.maj. Kassem Soleimani en ses ander is Vrydag dood in ’n Amerikaanse aanval naby Bagdad se lughawe.

Pelosi skryf die Trump-regering het ’n “uitlokkende en buite verhouding groot militêre aanval gedoen op hoë Iranese militêre amptenare”.

“Die optrede het ons dienspersoneel, diplomate en ander Amerikaners in gevaar gestel deur ’n kans op toenemende spanning in Iran te waag,” skryf Pelosi.

“As lede van die kongres is ons eerste verantwoordelikheid om Amerikaners veilig te hou. Daarom is ons bekommerd dat die regering die aanval uitgevoer het sonder om dit met die kongres te bespreek en sonder respek vir die kongres se oorlogsmagte soos beskryf in die grondwet.”

Trump het gesê hy het nie die kongres se toestemming nodig gehad nie.

Hy het wel voldoen aan die spertyd om die kongres volgens die wet op oorlogsmagte binne 48 uur in kennis te stel van die dodelike aanval.

Die dokument is geklassifiseerd en geen weergawe is vir kennisname aan die algemene publiek uitgereik nie.

Pelosi het gesê die kennisgewing het meer vrae te berde gebring as antwoorde”.

“Die dokument vra ernstige en dringende vrae oor die keuse van tyd, die manier en die regverdiging van die regering se besluit oor die aanval.”

Die Amerikaanse ambassade in Saoedi-Arabië het Amerikaners in die land gewaarsku teen die verhoogde gevaar van aanvalle op hulle. – Bronne: CNN; News Corporation Australia; Reuters

https://www.reuters.com/article/us-iraq-security-usa/pelosi-says-house-to-vote-on-a-resolution-to-limit-trumps-military-actions-regarding-iran-idUSKBN1Z50D6

https://edition.cnn.com/2020/01/05/politics/pelosi-war-powers-resolution/index.html

https://www.news.com.au/finance/work/leaders/congress-demands-answers-from-donald-trump-about-soleimani-killing/news-story/69429f42cdc4a094eeebb2d0198e460a

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.